Smart van gesin in ’n krisis trek leser in

2011-06-05 21:08

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Madeleine
Kate McCann
BANTAM PRESS, R250

’n Foto van Kate McCann is op TV gewys kort ná haar en haar man, Gerry, se mediakonferen- sie ten tyde van die bekend- stelling van haar boek.

Die foto is geneem in die nasleep van die verdwyning van haar driejarige dogtertjie, Madeleine, en die lewe soos Kate dit toe geken het – gemaklik en chaoties met drie klein kindertjies – het reeds begin versink in donkerte en wanhoop. Maar die omvang van die hel waardeur sy sou gaan, moes nog op haar gesig geëts word.

’n Kameraskoot van agter het haar nek gewys, goudbruin van die somerson in die Algarve, Portugal. Wat veronderstel was om ’n sorgelose gesinsvakansie te wees het in ’n nagmerrie verander. Om ’n cliché te gebruik: Kate het elke ouer se grootste vrees begin beleef, een wat op 3 Mei 2007 begin het en steeds met haar is.

Dit het haar vier jaar geneem om haar boek oor haar dogter se ontvoering te skryf, jare wat gevul is met angs en terug- skouing. Sy word geteister deur what if’s, sê sy. Wat as sy meer aandag gegee het aan die skynbaar onbenullige, hul dogtertjie minder oulik aangetrek het, ’n paar minute vroeër teruggegaan het om te kyk of als nog in die haak is met die kinders?

Sou Madeleine dan nog met hulle gewees het?

Die ontvoering van ’n kind moet een van die mees hartver- skeurende misdade wees en Kate se boek sleep jou af in ’n put van troosteloosheid waaruit geen ontsnapkans is nie.

Dit is groten- deels gegrond op aantekeninge en dagboeke wat sy deur die jare gehou het.

Dit is ’n eenvoudig geskrewe verhaal, maar een wat jou oorrompel met die smart van ’n gesin in ’n krisis. Kate het die dienste van ’n spookskrywer van die hand gewys en dit is tot die boek se voordeel. Dis die rou, dwingende stem van ’n ma in pyn.

Sy is soms verstommend eerlik. Soos wanneer sy vertel hoe sy seks met Gerry afstootlik gevind het nadat Madeleine verdwyn het. “It stemmed from the revulsion stirred up by my fear that Madeleine had suffered the worst fate we could imagine: Falling into the hands of a paedophile.” Sy skryf elders: “The images I had in my head, I wouldn’t wish on anyone.”

Kate en Gerry het aange- kondig dat alle wins uit die boek – wat gepubliseer is net voor Maddie se agtste verjaardag – gebruik gaan word om opnuut vonk te blaas in die soektog na haar.

En dit lyk of dit gaan gebeur. Die Britse premier, mnr. David Cameron, het ’n nuwe ondersoek na die verdwyning van die meisietjie gelas.

Wat die verkope betref, het 72 000 eksemplare in net die eerste week van die rak gevlieg. Dit maak Madeleine een van die vinnigste verkopers in die Britse boekgeskiedenis en die no. 1-verkoper op die oomblik.

Sal die sukses die pyn minder maak? Waarskynlik nie. Vir die McCanns is daar min hoop op ’n gelukkige einde. Selfs al word Madeleine wonder bo wonder gevind (en dit is moontlik, kyk net na ons eie Michaela Hunter), sal sy nie dieselfde kind wees nie. Al wat die McCanns wil hê, is ’n antwoord wat die ondraaglike onsekerheid kan stopsit. Miskien help dié dapper boek hulle dit vind.

– Nicola Whitfield, senior assistentredakteur, YOU. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Business Solutions Consultant

Cape Town
Communicate Cape Town IT
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.