’n Ma soos Ella

2011-06-05 21:08

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Seun soos Bram – ’n Portret van Bram Fischer en sy ma Ella
Hannes Haasbroek
UMUZI, R220

Die skrywer sê die hooftitel kon net sowel ’n Ma soos Ella gewees het. Ja, want dié vroutjie van 1,5 m, later effens geset, was liefdevol formidabel. Maar sonder haar seun se storie was daar nie dié boek nie.

Dis Abram Fischer (Bram, uitspreek “Braam” en anders as sy oupa se naam, Abraham) se lewensloop wat jou meevoer soos dit aan twee pole pluim: Eenkant stil, rustig en vredevol; anderkant geheimenisvol en dreigend; soms tegelykertyd ineengeveer. Dalk kan hy as die Jekyll en Hyde van Suid-Afrika beskou word, lees jy.

Hy was klein gebou, maar goed in tennis en rugby (aan Grey-Kol-lege in Bloemfontein, Ikeys, Kovsies en Oxford); as skrumskakel vir die Vrystaat in 1928 teen Mau-rice Brownlee se All Blacks; en in Beaumontstraat 12, in sy fleur as Johannesburgse advokaat, ’n swemmer, speler en stryder vir kommunisme en die struggle.

Voluit aan sy kant en vóór hom in die tronk is Molly Krige, kleinniggie van genl. J.C. Smuts se vrou, Isie. Molly is ’n lieflike en energieke vrou, moeder en skoondogter. Haar tragiese dood en Bram se nagtelike geprewel daarna (“my arme vrou”) gryp jou aan, wat ook al jou politiek. Hul liefdesband was legendaries.

Die verhaal word goed vertel, maar te uitvoerig. Die Fichardts en Fischers, in huwelike vervleg en onder die “adel” van die Vrystaat, was groot briefskrywers wie se baie stukke in die Vrystaatse Argief bewaar word (Bram s’n deur die toedoen van sy dogters, Ruth Rice en Ilse Wilson). ’n Oormaat inligting lei tot ’n oordaad hierin.

Ella, uit huis uit Engels en getroud met Percy Fischer, seun van die gesiene Abraham Fischer van Duitse afkoms, word ’n vuurwarm Afrikaner en vriendin van Tibbie Steyn, vrou van pres. M.T. Steyn.

Ella en Percy behou hul menswees toe albei later in rolstoele vasgekluister word. Bram se aanklank by die kommunisme en die struggle in Suid-Afrika moet vir hulle seer wees, maar hul liefdesverhouding bly ongeskonde. Albei sterf voordat hy ’n voortvlugtige politieke teiken word.

Bram erg hom vroeg aan rassisme en beywer hom vir die omverwerping van die NP-regering, selfs met geweld. Hy is ’n baasbrein in die Kommunistiese Party voor en nadat dié in 1960 verbode verklaar word.

Van 1957 tot 1961 is hy lid van die span wat Nelson Mandela en ander op ’n klag van hoogverraad verdedig totdat alle aanklagte teruggetrek word. Hierna werk hy ondergronds, veral by Lilliesleaf Farm, Rivonia, noord van Johannesburg.

Bram is afwesig toe die polisie in 1963 hier toeslaan. Later verdedig hy die aangeklaagdes en red hulle van die galg, soos van hulle tot vandag toe glo. Toe die uitspraak van lewenslank kom, roep Denis Goldberg uit: “Life! Isn’t life wonderful!”

Op 9 Julie 1964 word Bram gearresteer en binne enkele dae losgelaat. Waarom? Op 23 Desember 1964 word hy weer gevang en saam met 13 ander aangekla in die Fischer-verhoor. Skaars begin dié of hy word borgtog toegestaan om ’n saak in die Geheime Raad in Londen te verdedig, wat hy wen.

Waarom ook dié vergunning? Dalk om hom te laat ontsnap en die regering van ’n las te verlig? Dalk ter wille van sy Afrikaner-verlede? Só kan die skrywer net bespiegel.

Bram gee vooraf die versekering in die hof hy kom terug en hy daag op. Keer op keer verskyn hy, maar nie op 25 Januarie 1965 nie.

Dié slag is hy ondergronds in ’n vermomming met skuilname soos Douglas Black om die stryd voort te sit, heeltemal naïef.
As Ella nog geleef en hiervan geweet het, sou selfs haar liefde hom nie kon stuit nie. Eweneens sou die wederliefde tussen ma en seun vlekloos gebly het.

Op 11 November 1965 word Bram gevang en sy verhoor lê ’n skrikbeeld bloot van sabotasie, sameswering en gewelddadige revolusie, onder meer 200 operasies tussen 1961 en 1963 deur Umkhonto weSizwe.

In ’n beëdigde verklaring van vuur uur herhaal hy Paul Kruger se woorde van 1881 soos dit uitgebeitel is op sy standbeeld in Pretoria: “Hetzij wij overwinne, hetzij wij sterven, de vrijheid zal in Afrika rijzen als de zon uit de morgenwolken.”

Hy word tot lewenslange tronkstraf gevonnis, word siek aan kanker en minister Jimmy Kruger weier onsmaaklik om hom vry te laat tot op 10 Maart 1975. Op 8 Mei 1975 sterf hy by sy broer dr. Paul Fischer in Bloemfontein. Hy word veras en die staat lê beslag op die as as “eiendom”. Maar dit verdwyn!

Boonop gebeur dit ná die orrelspel – terwyl Bram se oorskot na die oond beweeg – van O Boereplaas (die Afrikaanse weergawe van die Duitse O Tannenbaum, die oorsprong van die sosialistiese en kommunistiese proteslied The Red Flag) en onder die neuse van die veiligheidspolisie.

Jare later, in 2004, is daar ’n opskudding oor die besluit van die Universiteit van Stellenbosch om ’n eredoktorsgraad in wysbegeerte aan Bram Fischer toe te ken. In sy epiloog beskryf Haasbroek die verdeeldheid op die kampus en onder oud-Maties en die eina-eina-kompromis wat wys hoe Afrikaners sukkel om die onlangse verlede in die verlede te laat.

Tim du Plessis vra tereg hieroor in Rapport: “Waar is die ruimheid van gees...?” Dít is waaroor Bram dit had: ruimte vir mekaar.

  • At van Wyk is ’n oud-geskiedenisdosent van Pretoria wat in die 1950’s ’n inwoner was in Kovsies se Huis Abraham Fischer (of Vishuis). Op 24 Junie ontvang hy die SA Akademie se Erepenning vir Geskiedenis in Potchefstroom vir sy boek Hoor! Hoor! Hansard – Honderd jaar debat 1910-2010. 


Hier speel sy in 1910 krieket met klein Bram op sy tweede verjaardag in die agterplaas van hul huis in Kellnerstraat, Bloemfontein.


’n Jong Ella poseer vir ’n ateljeefoto.


Ella met Bram op drie maande. Foto’s: Vrystaatse Argiefbewaarplek, Bloemfontein

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.