Dit gaan spook by Steve

2009-11-27 07:38
Hofmeyr vroeër vanjaar by die InniBos-fees.

Hofmeyr vroeër vanjaar by die InniBos-fees.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Die sanger Steve Hofmeyr het die afgelope week gal gebraak oor die Voëlvryers, Koos Kombuis en wyle Johannes Kerkorrel, oftewel Ralph Rabie.
Marzahn Botha dink Hofmeyr kan nie praat voor hy nie self die leisels neem om ’n nuwe sosiale beweging te begin nie.



Einde gr. 7 het ek vir die eerste keer na ’n konsert van Steve Hofmeyr in ’n skoolsaal in Bothaville gegaan.

Met sy Amerikaanse bandana, geskeurde jeans en krakerige stem het ek gedink hy is ons grootste rockstar.

As mens kyk hoeveel rekordverkoop-albums hy al op sy kerfstok het, kan ’n mens beswaarlik hierteen stry.

Maar iewers langs die pad het Steve Hofmeyr homself te ernstig begin opneem en gebruik hy sy blog om aandag te kry.

Dit was mos nou te lank stil in die Steve-kraal en nou moet hy ou koeie uit die sloot grawe.

Soos onlangs toe hy hom weer uitgelaat het oor Dagga-Dirk Uys en Koos Kombuis se jare lange vete, waar hy noem dat Dirk Uys nooit die erkenning gekry het wat hom toekom nie.

En dat Kombuis eerder saam met Ras Dumisani moet gaan sing om sy loopbaan aan die gang te hou.

Oor Johannes Kerkorrel se liriekskrywery noem hy dat wyle Kerkorrel oftewel Ralph Rabie, ‘smartlapballades’ geskryf het en dat hulle op 50 uitvind hulle is eintlik net Eugène Marais-wannabees terwyl hul altyd gedink het hulle is Bob Dylan.

Maar ek wonder of Hofmeyr ooit in sy ganse nalatenskap, homself kan afvra of dit so substansieel is soos die Voëlvrybende s’n.

As jy my vra, het hy wragtig nie help bou aan ’n verligte intellektuele bewussyn onder ons volk nie.

Wie was die ouens

Dit was 1989 en Afrikaanse musiek is oorheers deur Bles Bridges en Rina Hugo.

Gelukkig was daar darem al ’n paar Afrikaanse sangers, Anton Goosen en David Kramer wat sosiale kommentaar op die Nasionaliste en die “Groot Krokodil” (pres. PW Botha) gelewer het.

Maar die Voëlvry-manne wat die hardste teen die regering gebraak het was Johannes Kerkorrel (Ralph Rabie) en sy Gereformeerde Blues Band, Bernoldus Niemand (James Phillips) en die Swart Gevaar en André Letoit oftewel Koos Kombuis.

Saam was hierdie bende (daar was ander lede ook) verantwoordelik vir die bevryding van Afrikaanse musiek uit die kloue van kunstenaars wat net mooi liedere gesing en die liefde besing het.

Sonder hulle sou die Afrikaanse keurspel steeds uit sokkietreffers bestaan.

Hierdie drie musikante het ’n groot gevolg gehad onder jong mense wat gatvol was vir die establishment.

Studente het byvoorbeeld in hul hordes opgetrek na die Mike eet kreef-konsert wat by die Drie Gewels-hotel buite Stellenbosch gehou is.

Kerkorrel het geprotesteer met songs soos Sit dit af, BMW en Boer in beton.

Letoit met Paranoia en Oumense moenie in die water mors nie.

Niemand weer, met Hou my vas-korporaal.

Om destyds op die Voëvry-wa te gespring het was cool en bevrydend.

Maar dis nou 20 jaar later en baie mense praat met nostalgie oor hierdie sosiale beweging.

Soos in die 1960’s in Amerika het dit aanleiding gegee tot ’n oop-kop-generasie wat nie skaam was om teen die status quo te rebelleer nie.

Ná Voëlvry is die grootste protes-band in Suid-Afrika sekerlik Fokofpolisiekar.

Met liedjies soos Brand Suid-Afrika, Hemel op die platteland, As jy met vuur speel sal jy brand en Skynheilig, het hulle vir ’n nuwe soorte anargie propaganda gemaak – een teen georganiseerde godsdiens en ’n skuldgevoel.

Al wil Hofmeyr, kan sy naam sekerlik nie gekoppel word aan transformasie en die opvlam van nuwe bewegings of ’n verligte bewussyn nie.

Steve, sluk jou galbraak

Ek is bly Koos Kombuis het nie eens sy asem gemors op sulke stellings nie.

“Ag nee wat, ek het niks om te sê nie, dankie,” was al wat Kombuis kon sê.

Ja, Hofmeyr mag baie albums verkoop, maar vir iemand wat dit self nie reggekry het om ’n musiekbeweging in die land aan die gang te kry nie, braak Hofmeyr baie gal.

Sy musiek spreek vir seker nie tot jong mense wat dieper oor die lewe dink nie.

As mens Kerkorrel se Hoe ek voel-liriek met woorde soos As ek jou net kon vertel / as ek jou net kon laat sien / sou ’n skilder opdrag gee / om ’n prent vir jou te maak...vergelyk met Pampoen, Hero, Laaste lag of Agter elke man, Die Blou Bul, wonder ek wat se musiek Hofmeyr as poëties of metafories beskou.

Kerkorrel was veel nader aan Eugène Marais en Bob Dylan as wat Hofmeyr met sy goedkoop Afrikaanse simboliek soos vrot pampoene en blou bulle in sy lirieke ooit sal wees.
 
En oor gebroke verhoudings of morele integriteit, maak nie saak of dit tussen vroeë kollegas of huweliksmaats is nie, kan Hofmeyr nie veel sê nie – wie is die oneerlike party?

Halala Afrika vir Kerkorrel en sy makkers.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
94 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.