Duke & King maak musiekgenres bloedbroers

2010-11-02 22:34

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

The Duke & The King
Long Live Duke & King
****


Subkulture en musiekghetto’s bly vreemde verskynsels: Die enigste Afrika-instrument wat slawerny in die VSA oorleef het, was byvoorbeeld die banjo, maar na country word gereeld as “die wit man se blues” verwys. En laasgenoemde is natuurlik, soos soul en R&B, “ ’n swart ding”, en rock “ ’n wit ding”, hoewel die rock’n’roll-pioniers – Little Richard, Chuck Berry en Bo Diddley – swart Amerikaners was.

Dit is altyd verfrissend wanneer kuns­tenaars hierdie kunsmatige kategorieë ignoreer en na hartelus begin meng en pas. Só herinner The Duke & The King van Woodstock, naby New York, met hul wonderlike tweede album aan iets wat Ray Charles die wêreld wou leer – soul, country, rock en die blues is nie verskillende stamme nie, maar bloedbroers.

Simone Felice, die hoof-liriekskrywer en een van die groep se sangers, het onlangs in ’n onderhoud met die Britse musiektydskrif Uncut verklaar The Duke se viermanskap glo nie in musikale grense nie. Otis Redding en Sam Cooke is volgens hom net sulke belangrike digters soos Bob Dylan.

Luister jy na die uitmuntende Shaky, weet jy dis nie net leë woorde nie. Dié bittersoet rammelkasballade oor ’n Amerikaanse soldaat in Irak wat hunker na die huis en ’n meisie met “sad machine-gun eyes” is pure country-rock ’n soul – die ritmes is swaai-swaai coun­try-rock, maar die harmonieë en agtergrondgesang is die strelende vergifnis van witwarm soul.

“Just come and ­shake that country ass” stel Felice in die refrein voor en skielik klink dit na ’n ware oplossing vir baie van die wêreld se probleme. Soos Bobby Bird, die ander stigterslid van The Duke, dit stel: “If the world is burning, we’re just going to dance around the ­fire and spread some love.”

Long Live Duke & King is veral merkwaardig as jy in ag neem dat hul debuut, Nothing Gold Can Stay (2009), iets heel anders was – ’n gestroopte klein folk-rock-juweel. Maar toe was dit nog net Bird en Felice (voor- heen lid van The Felice Brothers).

Die tweede (swart) helfte van die band, Nowell Haskins (seun van Fuzzy Haskins, lid van Parliament en Funkadelic) en Simi Stone, het eers daarna bygekom. Die resultaat is ’n veel voller klank en tien kookwater-snitte waarvan die samesang tussen die vier ’n integrale deel is.

Shine on You, Hudson River en Have You Seen It? ontbloot soul as die sagte hart van die blues en op die heerlik uitgerafelde No Easy Way Out wys Stone dis nie net wit meisies wat country-rock verstaan nie.

Maar wat werklik gedoen wil wees, is die manier waarop dié sielvolle snare die sha-la-la’s wat die broeiende blues van Don’t Take that Plane Tonight besweer, onafwendbaar laat klink, so asof daardie drie lettergrepe alles verstaan.

Long Live herinner my aan die eerste reël van Wie weet, Koos du Plessis se temaliedjie vir die televisiereeks Jopie Adam: “Diep-diep in die bosse is ’n poort na ’n vergete land ... ” Felice en vrinne het blykbaar daardie verborge weg in die woude rondom Woodstock ontdek.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WebMethods Developer

Cape Town, South Africa
Business Connexion
Market Related

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.