Elizabeth Connell sterf op 65 in Londen aan kanker

2012-02-20 22:35

Elizabeth Connell Foto: Clive Barda

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Suid-Afrikaans gebore Ierse sopraan Elizabeth Connell – een van die suksesvolste opera- en konsertsangers uit Suid-Afrika op die internasionale kringloop – is Saterdag in die ouderdom van 65 in Londen aan kanker oorlede.

Connell het bitter min in haar geboorteland gesing – as ’n koorlid terwyl sy ook student aan Wits was in Britten se Peter Grimes, in 1991 in ’n kunslied-uitvoering vir Samro in die Grootsaal by Wits, en in 2004 as Leonore in Beethoven se Fidelio op Robbeneiland vir Kaapstad- Opera as deel van die dekade-viering van die demokrasie in Suid-Afrika.

Die aanvanklike mezzosopraan en toe later dramatiese sopraan het ná haar Wits-studies Suid-Afrika verlaat uit protes teen die eertydse apartheidsbeleid.

Dit veral, maar ook omdat haar internasionale loopbaan in die 1970’s en 1980’s haar ’n boordensvol optredes in konserte en operas verseker het.

Sy was nietemin versot op Suid-Afrika en het gereeld vir haar familie en vriende kom kuier, onder meer in haar geboortestad, Port Elizabeth, Oos-Londen, in Kaapstad waar sy haar vriendin die sopraan Marita Napier besoek het, en ook Johannesburg.

Connell, wat haar laaste uitvoering sowat drie maande gelede gegee het, se internasionale debuut was op die Wexford-operafees in 1972 en in 1973 het sy in die openingseisoen van die Sydney-operahuis in Prokofiëf se Oorlog en vrede opgetree.

Connell en Napier is die enigste Suid-Afrikaans gebore soprane wat die sogenaamde “grand slam” in opera behaal het – hoofrolle in wat beskou word as die wêreld se vier belangrikste operahuise: die Metropolitan Opera in New York, La Scala in Milaan, die Koninklike Operahuis Covent Garden in Londen en die Weense Staatsopera.

Soos Napier was sy ook ’n Wagner-eksponent en het drie jaar agtereenvolgens by die Bayreuth-fees gesing.

Ná haar aanvanklike sukses as mezzosopraan, met ’n besonderse verhouding met die English National Opera in Londen en Opera Australia, het sy in die vroeë 1980’s oorgeslaan na die sopraan-repertorium.

Dit is as sopraan dat sy op die Salzburg-fees gehoor is.

In die rolle, “Hochdramatisch”, het sy eweneens geskitter – veral in die operas van Richard Strauss, Verdi en Wagner.

As konsertsolis is sy dikwels in groot, uitgebreide werke gehoor in die gesogste konsertsale, saam met dirigente soos Claudio Abbado, Pierre Boulez, Colin Davis, Carlo-Maria Giulini, James Levine, Lorin Maazel, Riccardo Muti en Wolfgang Sawallisch; en met die kunslied saam met pianiste soos Geoffrey Parsons en Graham Johnson.

Connell laat haar drie broers, John, Peter en Paul, en haar suster, Rosemary, agter. Sy word Saterdag in die Londense voorstad Kew begrawe.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WebMethods Developer

Cape Town, South Africa
Business Connexion
Market Related

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.