En bo dit alles, die malkop-verteller

2011-10-09 21:38

Philip Roth

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Leon de Kock skryf oor baldadige, uitbundige skrywerstemme, onder meer dié van Philip Roth.

Vir my gaan dit alles oor die skrywerstem.

Die soort skrywerstem waarvan ek die meeste hou, is dit wat dalk beskryf kan word met die woorde “uitbundig” of “baldadig”.

Exuberant.

Uitspattig, komies, satiries, met skerp sylangse humor, en ironies, met ’n neiging tot galgehumor.

Dit is dan ook waarna ek self streef as ek fiksie skryf.

My geliefste voorbeeld hiervan is Philip Roth se malkop-roman Portnoy’s Complaint.

Die vertellerstem in Portnoy’s Complaint is dié van ’n besetene, ’n manlike ek-vertellerstem wat obsessief is oor sy ontwakende seksualiteit.

Hy beleef sy ontdekkings op dié gebied op so ’n manier dat hy nie anders kan nie as uiting daaraan te gee in ’n hees, jags, halsoorkop en maniese stem.

Dis ’n stem wat baie, baie snaaks is.

Agter dié stem staan Roth die outeur, wat lekker speel binne hierdie vertel-opset.

Dit is juis in die gaping tussen Roth, die uiteindelike outeur, en Roth se spesifieke vertellerstem in Portnoy’s Complaint waar knap narratiewe speelsheid plaasvind.

Dit is ook binne so ’n vormskepping dat skrywers ruimte kan maak om uiting te gee aan sake wat hulle na aan die hart lê.

My eie ontdekking, toe ek Marlene van Niekerk se trefferroman Triomf in Engels vertaal het, was juis hóé sulke ruimteskepping binne fiksie kan en móét werk.

Só, het ek toe besef, gebruik ’n mens fiksie om dinge te sê wat eintlik buite fiksie se grense lê.

Dit is juis hierdie kapasiteit wat fiksie belangrik maak binne en buite sy eie grense.

Só, byvoorbeeld, skep Van Niekerk ruimte (deur haar karakter Treppie) om ’n filosofiese diskoers te ontketen oor “muur-
papier” – die verskillende maniere waarop mense taal gebruik om die wêreld daarbuite te kamoefleer en verdoesel.

Dít lê aan die hart van die roman se “boodskap”.

Dit is ook, terloops, waarom ek meen literêre vertaling is heel moontlik die grootste leermeester as dit kom by kreatiewe skryfwerk, selfs beter as die skryf van kreatiewe werk self, hoewel skryfprogramme hierdie feit selde besef.

(Ek soek MA-kandidate by die US om vertaalprojekte saam met my aan te pak!)

Malkop- of “onbetroubare” vertellerstemme in Suid-Afrikaanse skryfwerk kom voor in die werk van outeurs soos Barney Simon (Joburg Sis!), John Eppel (DGG Berry’s The Great North Road), Koos Kombuis (Drugs, sex en Boeremusiek) en die groot meester van die ironiese vertellerstem, Herman Charles Bosman, om net enkeles te noem.

Sulke skrywers lees ek graag.

***

Leon de Kock is ’n digter, vertaler, romansier en kritikus.

Hy is tans professor in Engels aan die Universiteit van Stellenbosch.

Sy publikasies sluit in die digbundels Bloodsong (1997), gone to the edges (2006) en Bodyhood (2010).

De Kock se eerste roman, Bad Sex , het pas by Umuzi verskyn.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.