Gordimer nie meer op Woordfees

2012-02-02 21:44

Nadine Gordimer Foto: Johann Hattingh

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

En daar faks Nadine Gordimer die Stellenbosse Woordfees!

Die Nobelpryswenner Nadine Gordimer, wat vanjaar by die US Woordfees vereer sou word met ’n profiel-aanbieding op die skrywersprogram en ook by ’n tweede besprekingsgeleentheid sou optree, het Maandag per faks van haar uitgewer haar optredes gekanselleer.

Die Woordfees het op 28 Julie verlede jaar ’n uitnodiging aan haar gestuur, wat sy aanvaar het.

In haar brief skryf Gordimer se uitgewer, Terry Morris van Pan Macmillan, dat die publikasie van Gordimer se boek No Time Like the Present vervroeg is.

Hulle werk nou saam met haar Britse uitgewer en die skrywer is daarom versoek om die naweek van 10 Maart – ’n paar dae ná haar beplande Woordfees-optredes – Londen toe te vlieg om publisiteit aan haar boek te verleen.

Hulle het egter in oorleg met Gordimer besluit twee sulke geleenthede sou te spanningsvol wees. Gordimer word vanjaar 88.

Die uitgewers het bygevoeg sou die Woordfees aanstaande jaar weer plaasvind, Pan Macmillan sy bes sal doen om te sorg dat Gordimer dit bywoon.

“Dit is vir die US Woordfees ’n geweldige teleurstelling dat ’n skrywer van Nadine Gordimer se statuur dit goedgedink het om in so ’n laat stadium, ses maande nadat sy toegestem het om te kom, te laat weet dit kan nie meer gebeur nie,” sê prof. Dorothea van Zyl, direkteur van die Woordfees.

“Ons voel ook baie jammer vir mense soos Mongane Wally Serote en die ander skrywers, vir wie dit ’n baie spesiale geleentheid sou wees om saam met haar op te tree, maar wens haar nogtans die beste toe vir haar besoek aan Engeland.”

Die digter en skrywer Mongane Wally Serote sou ’n rede by die profielgeleentheid vir Gordimer gelewer het, en die kitaarduo CH2 sou by dié glansgeleentheid optree.

Benewens die profielgeleentheid op 6 Maart, sou Gordimer op 7 Maart ’n voorlesing gelewer het saam met Serote, Gabeba Baderoon en Rustum Kozain.

Kozain het gister gesê skrywers soos Nadine Gordimer en Wally Serote is huishoudelike name en hy het veral daarna uitgesien om dié twee veteraanskrywers in gesprek te hoor met jonger stemme. “Dit sou spesiaal gewees het.”

Die organiseerders oorweeg dit om die groepgeleentheid voort te sit ondanks Gordimer se afwesigheid.

Kennisgewings oor aanpassings in die feesprogram sal op die fees se webwerf www.woordfees.co.za aangekondig word. Feesgangers wat reeds kaartjies vir Gordimer se optredes gekoop het, sal deur die Woordfees-kantoor gekontak en ten volle vergoed word.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.