Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts

Heese daag haarself uit

2009-09-08 08:25

Marié Heese, wat ’n lywige historiese roman oor die vroulike farao Hatsjepsoet geskryf het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ná die klassieke Afrikaanse roman Die uurwerk kantel van 1976 het Marié Heese se teenwoordigheid in die literêre kollig vervaag. Haar lywige historiese roman oor die vroulike farao Hatsjepsoet het pas verskyn. Corné Coetzee het per e-pos met haar gesels.

Uit die literêre kollig dalk, maar allermins ledig.

Benewens – onder meer – ’n verwysingswerk wat sy saam met Robin Lawton geskryf het, The Owl Critic, wat meer as 31 jaar nooit uit druk was nie, ook drie kinderboeke, ’n jeugroman, essays, ’n bundel haikoes deur Unisa uitgegee en onlangs die redigering van haar ma, Audrey Blignault, se Uit die dagboek van ’n vrou.

Maar The Double Crown is anders: ’n lywige historiese roman vir volwassenes, Engels.

Waarom nou?

Ná Uurwerk het ek ’n “belated” akademiese loopbaan gehad (wil liewer nie die woord vertraagde gebruik nie). In my veertigerjare het ek weer gaan klasgee, ’n M- en ’n D-graad behaal en post-doktorale navorsing gedoen (oor die rol van taal in studenteprestasie). Daar was nie tyd vir ’n vollengte historiese roman nie. Toe het ek vroegtydig afgetree en besluit ek gaan weer skryf, ’n historiese roman, want dis eintlik my genre en ek geniet die navorsing. Maar vir ’n lang tyd kon ek geen manuskrip van enige aard aanvaar kry nie.

Ek het amper moed opgegee, was een derde van die pad deur The Double Crown, maar toe gee my seun vir my ’n boek oor antieke Egipte – en ek besluit: nou skryf ek klaar. Hatsjepsoet wil gehoor word.

Wat ook gehelp het, was die heruitgawe van Uurwerk deur Protea in 2006. Toe dog ek, ek kan mos skryf. Moet net vasbyt.

Waarom in Engels?

Dit is my vakgebied, alhoewel ek wegbeweeg het van letterkunde in die rigting van linguistiek. Dit was ’n uitdaging aan myself.

En waarom oor Hatsjepsoet?

Ek stel al jare belang in die beskawing van antieke Egipte en het baie daaroor gelees. Toe kry ek eendag ’n kort buitelyn van hierdie storie in ’n boek oor Nefertiti deur Evelyn Wells. En dit het my aangegryp.

Jy het duidelik deurgrondig navorsing gedoen; die Egiptiese Vereniging van Suid-Afrika het jou gevra om hul Augustus-lesing te kom gee by een van hul maandelikse byeenkomste. Hoeveel is bekend oor Hatsjepsoet en hoeveel is jou skepping?

Daar is ooreenstemming hieroor: Daar wás so ’n vrou en sy het ongeveer 1?500 jaar v.C, vir so 20 jaar, oor Egipte regeer. Sy was die dogter van koningin Ahmose en farao Toetmosis I. Sy het met haar halfbroer, Toetmosis II, getrou en haarself tot farao verklaar terwyl haar jong stiefseun en broerskind die eintlike troonopvolger was.

Wat my gefassineer het, was die vrae wat die geskiedenis nie beantwoord nie: Wat het haar laat dink sy kon en moes die farao word? Hoe het sy die priesters oortuig om haar te kroon? Hoe het sy die ware troonopvolger, wat later Toetmosis III sou word, so lank weerhou van mag en wat was die verhouding tussen hulle? Hoe het sy haar rol as farao en God met haar wese as vrou en moeder versoen? Wat het algehele mag aan haar gedoen? Ek het my eie antwoorde op hierdie vrae uitgedink. (Terloops, omtrent ’n derde van die karakters is fiktief.)

Jy skryf met totale respek vir die geloof van die Egiptenare en spesifiek Hatsjepsoet se geloof. Hoe dink jy daaroor?

Die geloof van die Egiptenare was veral vir die farao van wesenlike belang, nie ’n toeristefoefie nie. Ek wou wys met watter diepe erns Hatsjepsoet daarvolgens probeer leef het, met ’n gevoel van geroepenheid en verantwoordelikheid. En skuld. Ek respekteer verskillende benaderings tot die onsienlike.

Verbeel jy jou karakters in detail?

O ja, ek kan my karakters sien, en hoor. En ek probeer aansluit by wat bekend is. Haar mummie is eers geïdentifiseer toe my manuskrip klaar was, maar my verbeelding was blykbaar in lyn met die feite. Ek het toe net enkele besonderhede bygewerk, byvoorbeeld dat sy so dors was (sy was glo ’n diabeet).

Jou blog, Marie Heese is boek dol, is pure plesier, wat skryf jy alles daarop?

Synde ’n kompulsiewe leser, skryf ek oor boeke, oor lees en oor skryf.

Noem ’n titel?

Etienne van Heerden se 30 nagte in Amsterdam. Ek dink dis skitterend, veral tante Zan se taalgebruik.

Jou ma, Audrey, was een van die mees geliefde Afrikaanse skrywers ooit. Vertel ’n bietjie van haar?

My ma het vir my gedigte aan die ontbyttafel voorgelees – ek kon nie anders as om goed gekose woorde te leer waardeer nie!
As skrywer het sy my laat verstaan hoe belangrik selfkritiek is, hoe hard ’n goeie skrywer aan sy ambag moet leer.

Dit is moeilik om per e-pos ’n indruk van iemand te kry. Maar êrens op haar blog haal Heese ’n skitterende penskets aan wat ’n soort essensie vasvat: Sy hoor eendag hoe beskryf haar seun haar terwyl hy nie besef sy is binne hoorafstand nie: “So ’n ya-tall lady met attitude.”

Die waardering vir en die vaardigheid met die goed gekose woord slaan weer uit.

Marié Heese is ’n lid van die raad van die Universiteit van Stellenbosch.

Lees haar blog op www.litnet.co.za (klik op blogs.)
 
The Double Crown is deur Human & Rousseau uitgegee.

Dié uitgewer skryf dit in vir die Commonwealth-skrywersprys vir 2009 in die afdeling vir die beste boek.
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ELECTRICAL ENGINEERING MANAGER

Gauteng,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Application Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Mechanical Project Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAEWOO

Matiz 0.8 SE 5-dr
2000
R 29,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2007
R 139,990.00

OPEL

Astra Classic 140i
2006
R 29,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...