Jacques Brel sinvol vertaal in Afrikaans

2011-08-30 23:00

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As jy nie Frans magtig is nie, bly vele van Jacques Brel se lirieke vir jou ’n geslote boek.

Daar is wel van sy liedjies wat deur die jare in Engels vertaal is en jy mag meen dat dit jou op die hoogte van sake bring. Luister jy egter na verantwoordelike vertalings, kom jy agter hoeveel daar eintlik in vele vertalings verlore geraak het.

’n Hele boek gaan vir jou oop wanneer jy luister na die lied Orly op Herman van den Berg se album Brel: Laat my by jou bly. Min digters of liedskrywers kan met woorde soos dié vorendag kom: “Hul raak tot twee ontheg / raak losgeskeur, uiteen / en dié alleenheid skree …”

Dis Van den Berg se tweede album met Afrikaanse vertalings van Brel. Die eerste, Brel in Afrikaans, is in 2005 in Bloemfontein bekend gestel as kabaret en die jaar daarna kon besoekers aan die Woordfees in Stellenbosch dit beleef. Die 13 liedjies het op verskillende mylpale in Brel se loopbaan gefokus. Die begeleiding is eenvoudig – klavier, kitaar, trekklavier, hier en daar tuba en klarinet – alles gestroop, soos nodig vir ’n kabaret. Van sy vroegste treffers, soos Om met liefde alleen (Quand on n’a que l’amour) uit 1956, tot Jojo wat geskryf is en kort voor Brel se dood opgeneem is, is op dié album.

Brel: Laat my by jou bly (die vertaling van die veel misbruikte vertaling van Ne me quitte pas) is ’n groter projek. Daar is steeds die sensitiewe klavierbegeleiding van Matthys Maree (wat veral gepas is in die titelsnit), maar by tye word grootse klanke gehoor wat amper simfonies in omvang is.

Die lirieke is weer vertaal deur Naómi Morgan (letterlike vertaling) en Bernard Odendaal (poëtiese verwerking) van onderskeidelik die departement Afrikaans en Nederlands en Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat. Die manier waarop die Afrikaans tot jou spreek, getuig van deeglikheid, aanvoeling vir die woorde waarmee gewerk is en ook insig in wat Brel wou sê. In hierdie vertalings is daar nie sentiment nie, maar daar is teerheid.

Van die ander liedjies op die album is Marieke, Die wanhopiges en Die Marquises. Luister veral na die eienaardige woordkeuse in Fernand, waarin die begrafnis van sy vriend besing word. “Is lag die beste raad, is dit ’n skande om met ’n babelaas in ’n stoet te loop? Is dit ’n skande om desperaat te tjank?”

Nie as jy Brel, of regtig mens is nie. Dis waarvan hierdie album jou veral verseker.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.