Kritiese – en nare – blik op Skrif, kerk

2010-02-01 03:07

A New History of Early Christianity deur
Charles Freeman,
Yale University Press, Londen.

Hierdie boek is die eerste nuwe geskiedenis van die vroeë Christendom sedert Henry Chadwick se The Early Church van die 1960’s.

Dié historikus, ’n Brit, praat met gesag oor die eerste net meer as vyf eeue; krities, maar met
respek.

Hy ondersoek sy storie uit die Skrif, kerklike en ander skryfsels, oud en nuut, en sê wanneer hy deur ’n gebrek aan bronne gestrem word. In die 2?000 jaar agtertoe is kosbare inligting verwoes – baie hiervan sedert die 4de eeu in die kerk se vervolging van mede-Christene en nie-Christene.

Die Christen se geweldstryd na buite en binne, met of sonder staatsgesag, krul soos ’n geroeste doringdraad dwarsdeur sy geskiedenis.

Freeman soek na Jesus in die Nuwe Testament en bely ten slotte dat, hoe diep, perfek en opreg jou studie ook al is, dit onmoontlik is om die historiese Jesus te herskep of presies te sê wie Hy was en hoe Hy aanbid moet word.

Die 19de-eeuse teoloog George Tyrrell het gesê as jy in ’n put afkyk op soek na die historiese Jesus, dit gewoonlik jou gesig is wat na jou opstaar.

Wat dikwels vergeet word, is dat Jesus ’n Jood was, met die Judaïsme ’n vrugbare saailand vir sy boodskap – ’n besef wat tot versoening kan lei.

’n Probleem van die vroeë Christene was om ’n plek vir Jesus te kry langs of gelyk aan God. Petrus sien Jesus as mens (Engelse Bybel, Handelinge 2:22), Markus en Lukas stel hom laer as God en in Mattheus sê Jesus sy dissipels moet bekeerdes doop in die naam van die Vader, Seun en Gees – sonder klaarheid of die drie figure gelyk is of ’n
hiërargie vorm.

Vir Johannes van die evangelie is Jesus laer as die Vader; maar hy haal Jesus aan: “Ek en die Vader is een” (10:30) en later: “Glo in my omdat Ek in die Vader is en die Vader in My” (14:11). Dié verse speel in die jaar 325 ’n groot rol in die besluit by Nicea oor die Drie-eenheid, maar vir Freeman is daar te veel teenstellings in die evangelies en is die res van die Nuwe Testament ewe onhelder om die verwantskap tussen Jesus en God te bepaal.

Die totstandkoming van die Drie-eenheidsbegrip word nie in dié resensie beklemtoon nie. Dis mensgemaak en vol politiek, soos Belhar; en die onliefde waarmee generasies keisers en biskoppe Jesus tot die Godheid verhef, lees nie soos ’n Jesusverhaal nie.
Ook dié boek laat jou nie juig en spring en dans nie, want die storie van die kerk is anders as van die kansel af. Wie loop voor: die Jesus-beweging met sy Joodse aanhang of die Paulus-beweging met sy fokus op nie-Jode?

Tussenin kom ander groepe, elk ook met sy eie leerstuk(ke) – en wie het die waarheid? Dit raak ’n oop kompetisie wat in ’n magspel eindig en gewen word deur dié wat hulle van 313 af aan die kant van keiser Konstantyn bevind – hy bepaal die uitslag van die Drie-eenheidstemming in 325.

Die wenners word tot die “ortodoksie” gedoop wat die “ou waarhede” verskans; en almal binne Christelike kringe wat van hulle verskil, is “ketters” – wat vervolg word.

Só word die vervolgdes van die ou bewind die vervolgers van die nuwe; en eintlik beteken “ketter” net aan watter kant van die draad jy staan – Freeman sê dit nie, maar dis soos “vryheidsvegter” en “terroris”.

Die kerk word ’n sosiale en ekonomiese mag wat in sy jag op ketters en nie-Christene tempels en monumente in besit neem of vermaal en biblioteke afbrand. Dit, tesame met die val van die Romeinse ryk in die 5de eeu, wis byna die kennis van die tyd uit en vertraag die intellektuele ontwikkeling van die Christenwêreld tot met die Renaissance.

Dis een van die groot redes vir die vreugdeloosheid van hierdie boek; en ’n ander is die nare kyk van die “vaders” op die vrou en seks, met die erfsonde wat later hierby aansluit.

Paulus, onbepaald omstrede en raaiselagtig, voed tot vandag met sy kommer oor seksualiteit ’n paranoia oor die verlokking van die vrou en die euwels van gayskap. Kommer oor seksuele onthouding loop diep in die vroeë kerk, met Tertullianus wat die vrou noem “die duiwel se toegangspoort”.

Dan is daar Augustinus, een van die grootste geeste van die laat 4de en vroeë 5de eeu, wat die mens per skrif ewig vasknoop aan die erfsonde wat van Eva af seksueel van generasie na generasie oorgedra word. Die monnik Pelagius staan hom teë en sê, as dit waar is, wat is dan die sin van Jesus se leringe? Maar hy verloor.

Desondanks is die kerk ’n bolwerk teen armoede en lewer hy ’n enorme sosiale diens, benewens die geestelike anker wat hy bied.

Die boek pak sake aan waaroor geestelikes liefs swyg. Dalk wil hulle kritiek doodswyg, wat nie kan nie. Dalk is hulle bang vir hul eie antwoorde. Hoe ook al, hulle moet hier lees om by te bly.

  • Die boek kan bestel word by sales@yaleup.co.uk.
  • Van Wyk is ’n historikus.
 

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

CC 2.0 TDi Highline Dsl DSG
2011
R 306,874.00

TOYOTA

Avanza 1.3 SX MPV
2011
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.