Om deur te breek na die subteks

2010-01-12 08:22

Andrea Streso

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Anoeschka von Meck se boek,Vaselinetjie, kry eersdaags op die verhoog gestalte wanneer dit op die Suidoosterfees en die KKNK opgevoer word. Mariana Malan het by die repetisies vir die stuk gaan inloer.

V?aselinetjie is nie ’n tienerdrama nie, maar ’n drama met ’n rolverdeling wat hoofsaaklik uit tieners bestaan.

Die regisseur Henry Mylne (ook regisseur van 7de Laan) beklemtoon hierdie feit by herhaling. “Ek het die jong akteurs van die begin gewaarsku dat ek hulle soos professionele akteurs gaan hanteer. Ek het hulle gewaarsku dat ek ’n slawedrywer is en net met die beste tevrede sou wees.

“Hulle het entoesiasties gereageer, maar nie geweet waarvoor hulle hul inlaat nie.”

Mylne meen die jong spelers het vandeesweek eers “deurgebreek” en weet nou waarom alles gaan. Hulle het reeds op 10 Desember met die repetisies begin en oor Kersfees ’n kort ruskans gehad.

“Ten spyte daarvan dat sommige van hulle dit as ’n voorgeskrewe werk gehad het, het hulle glad nie die subteks verstaan nie. Ons moes saam die wêreld van geweld, seks, kru taal en werklik ernstige emosionele verwaarlosing oopbreek.”

Mylne vertel dat hy verstom was toe hy hoor hierdie boek is vir gr.11-skoliere voorgeskryf.

“Dis seker omdat ek uit ’n era van Trados – Die swerwer-Boesman kom dat ek nie kon glo wat die leerlinge van vandag as voorgeskrewe boeke het nie.”

Om ’n boek – hoe goed die verwerking ook is – op die verhoog weer te gee, is geen maklike taak nie, voeg hy by. “Die gehoor kry minder as twee uur tyd om die boek te absorbeer. ’n Leser het dae om dit te doen.

“Dis nie moontlik om die boek op ’n ­natuurlike manier aan te bied nie. Daar is byvoorbeeld 22 plekke waar tonele afspeel.

“Vaselinetjie word ouer.

“In ’n rolprent sou waarskynlik vier meisies die rol van een persoon gevul het. Verder het ons met ’n baie beperkte begroting gewerk.”

Hy het die probleme opgelos deur popkuns-animasie (deur Corné Venter) te gebruik.

“Suggestie word ingespan vir dinge wat op die verhoog gebeur.

“Hierdie Vaselinetjie (Andrea Streso) lyk nie soos daardie dogtertjie op die boek se voorblad nie; ’n illusie word geskep.

“Maar die gehoor gaan haar beslis aanvaar en ervaar.”

Die professionele akteurs in die stuk is Vinette Ebrahim en Theo­dore Jantjies (7 de Laan) en Kaz McFadden (Villa Rosa).

Die jong akteurs is Dustin Beck, William Constable, Chanelle ­Davids, Theunis Fick, Elandri Koegelenberg, Johan Marais, ­Danel Maree, Ilke Opperman, ­Dean Smith, Kay Smith, Ryan Steenkamp, Andrea Streso en Marli van der Merwe.

“Die trane het al geloop tydens repetisies,” vertel Mylne. “Dan sê ek maar net vir hulle niemand kan ’n akteur wees sonder dat jy ten minste een keer in trane uitgebars het nie.

“Dan sê ek ook vir hulle dat ek so moeg is dat ek nie meer kan loop nie, maar dat hulle my die eerste keer in twee jaar laat voel of ek werklik weer lewe.”

Mylne voeg by die boek “het vir my ’n wêreld oopgemaak”.

“Saam met Anoeschka (von Meck, die skrywer) het ons selfs ’n paar dele wat uit die boek gesny is na die verhoogstuk teruggebring. Ja, die inhoud mag skok, maar elke karakter op daardie verhoog bestaan werklik. Dis nie ’n sprokie nie. Die skokkende elemente word met humor, musiek en dans in jukstaposisie geplaas.”

Vaselinetjie word van Donderdag 28 tot Sondag 31 Januarie as deel van die Suidoosterfees in die Kunstekaap-teater opgevoer.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.