Ontsnapping van menssyn

2011-07-11 23:00

In Julie 1975 poog die Nederlandse kunstenaar Bas Jan Ader om die Atlantiese Oseaan van Amerika alleen te kruis.

Ader vaar die water in met ’n seilboot wat 12,5 vt (3,86 m) lank is – die kleinste boot waarmee die tog ooit aangedurf is.

Vir Ader vorm hierdie amper bomenslike taak deel van ’n kunswerk met die semi-magiese titel In Search of the Miraculous.

Ses maande later word die boot op die kus van Ierland gevind. Die houtstruktuur dobber halfgesink soos ’n skelet in die stil water. Van Ader is daar geen teken nie.

Daar is natuurlik altyd hoop. Miskien, soos Koos Kombuis sou sê, is “Bas Jan nie dood nie; hy’s net uitge-pass ”.

Nou en dan is daar opnuut bewerings dat Ader êrens in die wêreld ’n anonieme bestaan voer.

Myns insiens is spanning die groter tema in Ader se oeuvre. Kunskenners beweer sy werk ondersoek die idee van gravitasie.

Maar wat is gravitasie anders as ’n soort spanning tussen vorms? In Broken Fall (Organic), 1971, hang Ader met sy arms aan die tak van ’n boom totdat hy uiteindelik noodgedwonge laat gaan en in ’n watergrag plons.
Nou is hy hier; nou is hy weg.

So dan ook met die idee van ontsnapping.

Hoe kan ’n mens die bekende beperkings van menswees ontsnap? Of hoe sal ’n kunstenaar dan die bitsige onbenullighede van die kunswêreld kan fnuik en ontduik? In hierdie droom is ons mos almal iemand anders, met ’n ander, meer genoegsame lewe. (“As ek tog net kon reïnkarneer as ’n miljardêr!”)

Natuurlik is die romanse sterk hier. Ader as Vincent van Gogh? Nog een wat drome kon droom in kleure wat die res van ons nooit eens van geweet het nie.

Dinge is nooit so maklik nie. Telkens is die verhouding tussen drome en die realiteit; kuns en die samelewing meer kompleks as dit. Soos ’n seil wat amper dom-astrant bly uitsteek bo die water ten spyte daarvan dat die boot lankal gesink het.

Snaaks hoe die dinge uitwerk. Vir my is Ader nou meer aanwesig as wat hy was voordat hy verdwyn het, op soek na ’n wonderwerk.


’n Snit uit Bas Jan Ader se 16?mm-rolprent ­Broken Fall (Organic), 1971, 1?minuut 44?sek.


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bloem: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.