‘Ontsnaptes’ hou aan grense verskuif

2010-08-08 22:21

Es(Cape) - Groepuitstalling
Kunsvereniging Pretoria

Es(Cape) is ’n groepuitstalling van Kaapse kunstenaars met ’n vroeëre Pretoria-verbintenis – hulle het almal eens in Pretoria gewoon, geswot of gewerk.

Dié groep is Hanneke Benade, Lien Botha, Chris Diedericks, Nicola Grobler, Lenie Harley, Anton Karstel, Marlise Keith, Kai Losgott, MJ Lourens, Louise Nel, Carine Zaayman, Momphunzi Mashalaba, Elsabe Milandri, Barbara Wildenboer, Lionel Smith, Franci Cronjé en Henk Serfontein.

Cronjé en Serfontein het op ’n dag in die Kaap sit en tel hoe­veel oud-Pretorianer-kuns­te­naars nou in die Kaap woon en werk, en terstond besluit om ’n uitstalling van hul werk byeen te kry vir ’n uitstalling.

Op die oog af is daar min visuele binding in dié groepuitstalling – gewoon omdat die kunstenaars se onderskeie benaderings so uiteenlopend is.

Die koherensie lê egter elders – in die feit dat al dié kunstenaars “ontsnap” (vandaar die “escape”) het uit Pretoria.

Ontsnapping dui gewoonlik op winkende vryheid. Of die Kaap (of enige ander plek) blywende vryheid kan bied, bly ’n vraag.

À la Totius blyk die rus immer elders te wees.

Nietemin is die werke op Es(Cape) die neerslag van die prikkels wat ’n nuwe leef- en werkomgewing bied en om immer horisonne te verbreed. Dit manifesteer op verskillende maniere.

Daar is Milandri wat in haar tekeninge van Tafelberg blyke gee van haar frustrasie om as “Pretoria-chick” dié berg te verbeeld; van haar pogings om ’n greep te kry op dié baken wat so eie is aan Kapenaars.

Maar vir die res is die Kaap net ’n nuwe werkomgewing. Benade se pastelportrette wys kwalik dat sy suid verhuis het.

Haar werk bly die gestolde oomblikke wat op enige plek kan plaasvind.

Cronjé se gestoei met die nalatenskap van Calvinisme (wat sy koppel aan haar kinderervaring en desnoods dié van Pretoria) sou op enige plek gestalte kon kry.

Sy gebruik taferele uit ’n Kinderbybel van onder meer Eva se swig voor die versoeking om die vrug in die paradys te eet (en die mensdom in sonde te laat beland).

Die “inkleurwerk” wat aan dié van ’n kind herinner, word as’t ware die voertuig vir haar rebellie.

Nostalgie is die een aspek wat in verskeie werke kop uitsteek – soos in Serfontein se nagtonele van Kaapse strate met verligte fasades van hoekkafees en Keith se klein mitiese droombeelde.

As ’n soort verslag aan Pretoriase kunsliefhebbers is dié uitstalling aanduiding dat dié ou bekendes onverpoosd besig is om grense te versit.

Es(Cape) is te sien tot 17 Augustus in die Kunsvereniging se galery in Mackiestraat 173.

Navrae: 012 346 3100.


Marlise Keith se Permissable Nostalgia – een van die werke op Es(Cape) in die galery van die Kunsvereniging Pretoria.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Fusion Developer

Cape Town, South Africa
Business Connexion
Market Related

WebMethods Developer

Cape Town, South Africa
Business Connexion
Market Related

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2005
R 94,990.00

AUDI

A6 3.0 TDi Quattro Tiptronic Dsl MY06
2008
R 480,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.