Oscar-benoemings gou of reeds in SA te sien

2012-02-01 22:46

Met die Oscar-benoemings wat pas aangekondig is, het Hollywood se dol skouerklop-seisoen nou sy kruin bereik.

Die nege rolprente in die wedloop – en waarvoor kykers kan uitkyk op die plaaslike kringloop – is so uiteenlopend soos kan kom en dek ’n tydvak wat strek van die 1920’s tot die terreuraanvalle van 11 September 2001.

War Horse van Steven Spielberg handel oor ’n jong man wat vrywillig in die Eerste Wêreldoorlog gaan veg om naby sy geliefde perd te wees. Dié fliek begin op 24 Februarie in Suid-Afrika draai.

The Tree of Life, van die visioenêre regisseur Terrence Malick, speel in verskillende tydvakke af en fokus op ’n man wat te midde van swaarkry, siekte en dood aanhou om liefde, vreugde en genade te vind. Dit is reeds in DVD-winkels beskikbaar.

Moneyball handel oor die bestuurder van ’n bofbalspan wat rekenaarstatistieke inspan om ’n wenspan saam te stel. Dit is eersdaags op DVD beskikbaar.

In Woody Allen se uitgelate Midnight in Paris beleef ’n skrywer dié romantiese stad in drie tydvakke. Die fliek draai nou landwyd in teaters.

Hugo van Martin Scorsese is ’n fantasie oor ’n weeskind wat ’n masjien ontdek wat aan die vader van die rolprentkuns, Georges Méliès, behoort het. Dié prent begin op 10 Februarie wys.

The Help speel in die Amerikaanse burgerregtebeweging van die 1960’s af en handel oor ’n werkgewer wat ’n boek vanuit haar huishulp se perspektief skryf. Dit is nog op die kringloop.

Extremely Loud & Incredibly Close toon ’n seuntjie se pogings om sy smart te verwerk nadat sy pa in die terreuraanvalle van 2001 sterf. Dié fliek begin op 2 Maart landwyd wys.

The Descendants handel oor ’n pa wat na sy dogters moet omsien nadat hul ma in ’n koma verval.
The Descendants is van môre af te sien in teaters.

The Artist is ’n stilprent oor ’n eens suksesvolle akteur van die stilprent-era en sy verbete pogings om by die era van die “praatfilm” aan te pas. The Artist is vir tien Oscars benoem.
Dié fliek begin op 5 April wys.

Die Oscars word op 26 Februarie in Los Angeles toegeken.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2005
R 94,990.00

AUDI

A6 3.0 TDi Quattro Tiptronic Dsl MY06
2008
R 480,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.