Piet Steyn wen RSG-prys met radiodrama

2009-12-10 08:21

Piet Steyn

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die skrywer Piet Steyn was nog in die sewende hemel toe Plus hom Dinsdag bel pas nadat hy die nuus ontvang het dat hy die wenner is in die radiostasie RSG en Sanlam se radiodramakompetisie vir 2009.

Steyn het met sy wenteks, Die mynramp, R20 000 gewen. Hy het in 2006 ook goed in hierdie kompetisie gevaar toe sy Die eiland van die slang die naaswenner in die beginnersafdeling was.

Steyn, van Vrede in die Oos-Vrystaat, is ’n afgetrede onderwyser en skoolhoof. “Ek was al die jare wiskunde-onderwyser en tale het my glad nie geïnteresseer nie. Om die waarheid te sê, ek was glad nie eens ’n groot leser nie,” sê Steyn.

Hy het in 2005 “uit verveeldheid” begin skryf en benewens sy radiodramas, is sy derde roman onlangs deur Tafelberg vir publikasie goedgekeur ná Snoeiskêr en Bottelnek, wat reeds op die rak is.

Hy sê dat hy in sy dae as jong onderwyser gereeld in die nag na radioverhale soos Creaking Door en Inspector Carr op Springbokradio geluister het terwyl hy vraestelle nagesien het.

Die drama Twyfelberg het met die tweede plek R10 000 verdien vir die skrywer, regisseur, omroeper en fliekresensent Leon van Nierop.

Hy is die skepper van verskeie radioverhale soos Wolwedans in die skemer en Stralejakkers, asook TV-dramas en -reekse soos Ballade vir ’n enkeling en Villa Rosa.

Die derde prys van R7 000 is toegeken aan Stephanie Botes van Middelburg (Mpumalanga) wat met As die poelpetaan roep haar debuut maak.

’n Aansporingsprys is nie vanjaar toegeken nie omdat die meeste van die inskrywings die werk van ervare skrywers was.

Margot Luyt, uitvoerende dramaregisseur by RSG, het gesê daar is ’n herlewing in die radiodrama.

“Toe Hennie van Greunen se Die naaimasjien onlangs uitgesaai is, het ek baie boodskappe van mense gekry wat wou hê ons moet dit weer uitsaai omdat hulle dit gemis het,” het sy gesê.

Sy sê luisteraars is nie net gaande oor die enkeldramas nie, maar ook oor die reekse wat op radio uitgesaai word.

“Radiodramas is dialooggedrewe. Die prentjie word ingekleur met byklanke. Musiek is ook belangrik.”

Voornemende skrywers wat hulp benodig met die formaat en lengte van ’n radiodrama kan e-pos stuur na margot@rsg.co.za.

Daar word ook jaarliks ’n slypskool in die skryf van radiodramas aangebied.

RSG sal mettertyd die wentekste opneem en uitsaai.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.