Rihanna kán kers vashou vir Missy

2012-02-07 22:31

Rihanna

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Soms smag ’n mens nog na die gatskop-bravade waarmee Missy (Misdemeanor) Elliott die treffersparades en dansvloere aan die brand gesteek het.

Daar was nog nie ’n vroue-rapper in die internasionale pop-arena van dieselfde statuur sedert Elliott stiller geword en meer by produksieleiding betrokke geraak het nie.

Dansmusiek (en selfs rap) maak nou bykans toenemend op leengoed en voorafverpakte formules staat.

Al is Rihanna nie ’n rapper nie, het sy darem die afgelope sowat sewe jaar met haar onversadigbare vurigheid by tye net so hard gegrom soos Missy.

Talk That Talk, wat verlede jaar teen die einde van November uitgereik is, toon geen tekens van die sogenaamde “seven year itch” nie. Hier is nie spore van opsigtelike koersveranderings nie. Haar ergste bloeddorstigheid en aggressie het sy op albums soos Good Girl Gone Bad en veral Rated R verwerk.

Haar sesde album is ’n distillasie van die verskillende musikale gemoedstemmings waardeur Rihanna al in haar musiekloopbaan gereis het. Dit is ’n besonder kort reis – altesame 11 liedjies en die totale speeltyd is net 37 minute.

Wat die eindproduk geensins skaad nie. Rihanna en haar span produksieleiers is op die man (én vrou) af en het nie enige nagedagtes of halfgebakte nommers ingesluit nie.

Rihanna se idee van liefde, romantiek en verhoudings is allesbehalwe tradisioneel, al sing sy We Found Love saam met die Skotse musikant Calvin Harris. In daardie opsig deel sy en Missy Elliott ’n langer lys ooreenkomste en vervaag die verskille.

Missy sou haar goue kettings opoffer om Cockiness (Love It) op een van haar solo-albums te kon insluit. Shondrae (Mr. Bangladesh) Crawford was die produksieleier vir dié dansrap-snit waar Rihanna soos ’n straatkat kwispel: “suck my cockiness, swallow my persuasion...”

Cockiness (Love It) is een van die oorspronklikste snitte wat Rihanna al opgeneem het en ’n voorbeeld van hoe musiek en liriek tot ’n speelse tweegesprek verwerk kan word.

Die res van die album skitter nie oral met die môredou van varsheid nie, maar bied eerder aan Rihanna die kans om te bewys hoe sy haar stoute kwasterigheid in donderdeuntjies kan omtower.

Die liedjie Where Have You Been steun dalk swaar op Daft Punk-inspirasie vir sy elektro-ritmes, maar dit is darem nie so blatant soos soveel van Rihanna se ander tydgenote nie.

We All Want Love is een van die ligter oomblikke en ’n oorrompelende ballade, maar nie genoeg rede om hierdie CD ’n Valentynsdaggeskenk te maak nie. Die omslag bevat boonop ’n waarskuwing teen die eksplisiete inhoud en Rihanna is nogal lief vir die F-woord.

Laat die aantal liefdeswoordjies in die liedjietitels nie ’n wanindruk skep nie. Rihanna se tong én naels is steeds vlymskerp en al bely sy dat sy met haar hart op haar mou rondloop, kan sy met een byt ’n bloedspoor laat.

Talk That Talk is een van Rihanna se bestes, so op ’n onverhoedse manier.

 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bloem: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Technical Consultant/Developer – ISV

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R300000 - R550000

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 1.8 Sport
2005
R 199,995.00

FORD

Fiesta 1.6i RSi 3-dr
2001
R 54,300.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.