‘Semi-soet’ ’n versnit van intelligent en snaaks

2012-02-06 22:02

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die aktrise en rolprentvervaardiger Anel Alexander beduie geesdriftig met haar hande na die wavraggie chick lit wat sy deurgedraf het ter voorbereiding van die Afrikaanse romantiese komedie Semi-soet wat op 17 Februarie begin draai.

Dit handel oor Jaci, ’n werkslaaf wat haar maatskappy van ondergang moet red deur vir ’n wynplaas se groot advertensiekontrak te beding. Die prent speel af in die Boland en Johannesburg.

Alexander en haar man, James Alexander, die medevervaardiger, werk sedert 2009 aan Semi-soet.

In 2008 het hul dramatiese rolprent Discreet groot lof van resensente ontvang.

Discreet is ’n eerlike besinning oor seks en handel oor ’n Christelike jong man (vertolk deur James), wat ’n prostituut (gespeel deur Anel) besoek. Wat volg is ’n openhartige gesprek oor seks tussen ’n man en vrou. Die rolprentpaar het daarna na iets “ligters” gesoek.

“Alles was eintlik my Engelse man se idee: dat ons iets heeltemal anders vir die Afrikaanse gehoor bied; iets wat die Afrikaanssprekende nie op ’n kommin, agterlike manier uitbeeld nie, maar as byderwets, intelligent en snaaks,” verduidelik die aktrise.

’n Vriendin het met die idee van The Model Boss vorendag gekom, hoewel dit volgens Alexander nog heelwat werk en ontwikkeling nodig gehad het.

Sy het die prent met die akteurs in die hoofrolle begin visualiseer.

Voorheen het sy in die sepie 7de Laan saam met die akteur Nico Panagio gewerk. Hy was perfek vir die rol van JP Basson, ’n gewetenlose sakeman wat groot maatskappye vir eie gewin sink.

Daarna het Alexander die aktrise en skrywer Sandra Vaughn genader om die draaiboek te skryf.

Vaughn vertel hoe sy toe ook sommer “per abuis” die rol van Karla, Jaci se beste vriendin, losgeslaan het. Dis ’n rol wat dié knap klugaktrise die geleentheid bied om haar komiese vaardighede ten beste te vertoon.

“Ek het nooit beplan om Karla te speel nie,” vertel Vaughn. “Toe hulle my vra om ’n oudisie vir haar af te lê, was ek skoon uit die veld geslaan.”

Alexander verduidelik: “Dit was belangrik om die patroon van die Hollywoodse romantiese komedie bykans slaafs te volg, maar dit ook getrou en eg Afrikaans te maak. Die dialoog moes werk en daar mag niks piesangskil-komedie in wees nie.”

Sy speel haar rol van Jaci met ’n lekker mengsel hardkoppigheid en weerloosheid. Deu­rentyd moes dié veelsydige aktrise ook haar hand op die produksieleisels hou.
Die regisseur is Joshua Rous, wat so ’n stylvolle sukses van Discreet gemaak het.

Vaughn, wat help skryf het aan die draaiboek vir Getroud met rugby en Fishy Fêshuns, vertel ewe geesdriftig hoe maklik sy haar teks aan Rous oorhandig het.

“Jy werk so lank daaraan dat dit werklik soos jou baba word. Ek het egter nooit gevoel ek moes met hom baklei vir ’n sin of twee nie.”

Panagio, Suid-Afrika se naaste akteur aan die outydse matinee idol (soos ’n kollega tereg opmerk), vind dié genre is nou ’n gunsteling, al is hy hier “’n bietjie van ’n alpha male”.

“Ek keer graag terug na komedie; dit is die lekkerste en die hardste werk. En dit was veral harde werk om in ’n Maserati rond te rits en in ’n helikopter te vlieg,” skerts hy.

Sy karakter is na aan dié se prokureur, Hertjie, gespeel deur die komediant Louw Venter (saam met wie Panagio ook aan Survivor gewerk het). Hul kwinkslae – veral ’n rap-toneel waarin die twee met strak gesigte uithaal en wys – dra by tot die andersoortige sjarme van die prent.

Alexander het ook as vervaardiger vir die fliek opgetree, iets wat heelwat spanning inhou. “Met Discreet het ek alles gedoen. Ek is met my blink rok na die rolprent se première. Daar het ek gou-gou die gehuurde rooi tapyt gaan uitrol en weer ná die tyd opgerol.”

Met Semi-soet was sy nagenoeg 18 uur per dag doenig. “Jy is sowat 14 uur op stel, want Jaci is omtrent in elke toneel. Dan moet ek nog die dag se probleme uitsorteer en die volgende dag se woorde leer. Maar dit was die lekkerste span om mee saam te werk.”

Die prent is verlede jaar in een van die warmste somers in Kaapstad op Vrede en Lust, aan die voet van die Simonsberg, verfilm.


Anel Alexander


Sandra Vaughn
Foto’s: Indigenous Film
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Strong Mid-Level Java Developers - R300K - Randburg

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R250000 - R300000

System Administrator

Centurion, South Africa
Reel Recruit Solutions CC
R15000 - R20000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 1.8 Sport
2005
R 199,995.00

FORD

Fiesta 1.6i RSi 3-dr
2001
R 54,300.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.