Skryf was ‘soos ’n soort aptyt, amper fisiek’

2012-02-02 21:44

Reza de Wet: 11 Mei 1952 - 27 Januarie 2012

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Reza de Wet is verlede week dood in Grahamstad waar sy gewoon het. Twee mense na aan De Wet bring hulde aan dié dramaturg.

Skryf was ‘soos ’n soort aptyt, amper fisiek’

Ek het ’n skatkis vol herinneringe aan Reza, nie net van haar gepubliseerde oeuvre wat ek as uitgewer behartig het nie, maar van die notas wat ek jare lank tydens ons talle gesprekke gemaak het.

Diepe grond is tydens die ATKV-kampustoneel in 1986 opgevoer en dit was van die begin af duidelik hier was skitterende skryf- en toneeltalent.

Dit was ’n vermenging van die sprokiesagtige en die makabere wat toneelganger en leser begogel het. Ek kon tóé al die vele bekronings voorsien.

Dit was hierdie magiese en dikwels byna groteske kwaliteit van haar werk wat my as uitgewer en mens van die begin af aangegryp het. En ek kon nooit weer loskom nie.

Keer op keer het sy die stryd van die menslike gees om bevryding op ’n ander, donker manier uitgebeeld.

Reza het haar karakters liefgehad en hulle begin mis nog voordat sy hulle klaar geskryf het. Sy was bang hulle kom iets oor.

Sy het hulle as snaaks, amusant, treurig, skrikwekkend, pateties, tragies en eienaardig beleef; hierdie mense wat deur die kamers, gange en deure van haar werk beweeg het.

Sy het met haar alles in ’n boek inbeweeg.

Haar werk het ’n eie musiek gehad, variasies op temas. Soms was dit eenvoudig, soms kompleks, maar altyd meesleurend.

Haar toneelaanwysings het ’n lewe van hul eie gehad. Dít verdien op sigself navorsing. Ons het oor die toneelaanwysings net soveel besin as oor die res van die teks. Jy kon die twee nie skei nie.

Ons het nou saamgewerk. Daar was innigheid tussen ons. Sy het my baie laat lag en dikwels geskok met haar pikswart humor.

Maar soms het sy gesê: “Wees my oë. Ek is asof ek blind is.”

Ek onthou dat ons een laatnag ná een van haar bekronings verdwaal en naby die Kaapse hawe beland het. Ons het na ’n eetplek gesoek, want ons was te senuweeagtig om voor die tyd te eet.

Reza het ’n lang, purper fluweelgewaad aangehad en sy het in die halflig soos een van haar sprokiesagtige karakters gegloei.

Ek was betower en het gewonder of sy dalk soos ’n Chagall-wese op die punt was om in die lugruim in te sweef, toe sy sê: “Ja, ou Marietjie, en hier staan ons op die hawe opgedress soos twee high class hoere en vrek van die honger ...”

Reza is vir al sewe haar dramas met ’n dubbele Hertzogprys bekroon; vir Diepe grond het sy onder meer die Vita-toekenning as dramaturg van die jaar ontvang; en vir haar Vrystaat-trilogie die Rapportprys sowel as die CNA-prys vir debuutwerk.

My persoonlike gunsteling was haar novelle met die sterk Gotiese ondertone, Stil Matilda.

Ek wou tydens ’n onderhoud oor haar verhouding met die toneel en Afrikaans weet of haar karakters die taal praat waarin hulle hulself by haar kom aanmeld, en wat sou gebeur as Afrikaans- en Engelssprekendes in dieselfde stuk sou beland.

Glad nie van stryk nie, het sy geantwoord: “Dan verstaan hulle mekaar ewe goed, veral as hulle dink hulle praat eintlik Russies ...”

Of sy geïnhibeer gevoel het nadat dr. Temple Hauptfleish ná die tweede Hertzogprys vir Drie susters twee gemeen het sy sluit haar aan by die wêreld se beste dramaturge van die eeu, het sy geantwoord:

“Dit is vir my so lekker om te skryf. Dit is asof ek verskriklik honger is of baie dors; en ek hou uit en hou uit en dan vergryp ek my heeltemal. Dit is vir my soos ’n soort aptyt, amper fisiek. Ek sal dit my nooit om die een of ander rede kan ontneem nie. Al wat kan gebeur, is dat die impuls om te skryf nie weer by my sal opkom nie.”

En nou is Reza weg. Die impuls het sy hier – vir ons – gelaat.

Marietjie Coetzee-Malan is die senior bestuurder van Best Books, die opvoedkundige filiaal van NB Uitgewers.

Haar ‘legkaart van klein menslike interaksie’ was verrykend

Hoewel die dood die een ding is waar almal moet deur, bly dit, om goeie rede, die een ding wat onwerklik voel, ’n skim wat ons op ’n afstand hou deur daaglikse omgang met beuselagtighede.

En in my geval, die heerlike skanse van die verbeelde wêreld wat ons teater noem. Die klein wêreld wat ons kan beheer en boetseer na verlange.

Die wêreld wat sy so ryk gemaak het vir my in omvang en betekenis, met humor en musikaliteit, met die terugroep van karakters-nou-vergete uit ’n gedeelde verlies van ’n wêreld wat jong mense deesdae, ironies genoeg, as volksvreemd sou ervaar.

’n Wêreld so ryk aan detail en tekstuur, ’n legkaart van klein menslike interaksie wat deur elke kennismaking my ryker agtergelaat het. Sy het so baie aan my toevertrou.

My so baie geleer oor menslikheid, medemenslikheid, oor obsessie en onderdrukking, oor vryheid en waar om daarvoor te soek. En oor bloot die wonderlike kompleksiteit, asook absurditeit, van mense en die lewe in sy geheel.

Dankie vir ryk speelgeleenthede vir akteurs en vir wonderlike vrouerolle.

Dankie vir regie-uitdagings.

Dankie vir die tekstuur wat sy aan ons klein Afrikaanse dramaliteratuur verleen het.

Dankie vir haar ongelooflike bydrae tot toneel en dat sy haar hartgoed aan ons toevertrou het. Dankie dat sy werk geskep het vir soveel deur haar skryfwerk.

Dankie dat sy ons ’n geleentheid gebied het om ons kuns, deur haar werk, te kon beoefen en bearbei en dankie dat ons kon groei deur die omgang met haar werk.

Dankie vir die uitdagings en dankie vir die plesier.

Marthinus Basson is ’n teaterregisseur.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Strong Mid-Level Java Developers - R300K - Randburg

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R250000 - R300000

System Administrator

Centurion, South Africa
Reel Recruit Solutions CC
R15000 - R20000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 1.8 Sport
2005
R 199,995.00

FORD

Fiesta 1.6i RSi 3-dr
2001
R 54,300.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.