Spreekwoordeboek met 3 000 uitgebrei; van onskatbare waarde

2010-02-01 03:07

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom deur Anton F. Prinsloo . Tweede uitgawe,
eerste druk. Pharos (sagteband, 660 bladsye). R320.

Goeie nuus vir almal wat waarde aan Afrikaans heg, is dat die tweede uitgawe van Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom nou met 3000 spreekwoorde uitgebrei is tot 11000. Dit is ’n toename van meer as 37%.

Slegte nuus vir almal wat die eerste uitgawe besit, is dat die hersiene uitgawe die eerste onvolledig maak en dus liefs bygekoop moet word. Gelukkig is R320 vir 660 bladsye (minder as 50c per bladsy) ’n billike prys.

Die boek het ’n hele reeks pluspunte, waarvan ek tien noem:

  • Een. Van die 11 000 spreekwoorde, segswyses en frases kom etlike honderde uit die Bybel. Dit is waarskynlik ewe veel of meer, hoewel ek nie getel het nie, as die frases uit die Engelse Bybel in Scapegoats, Shambles & Shibboleths – how the Bible shaped our language, wat ook pas verskyn het.
  • Twee. Ongeveer die helfte van die 3 000 bygevoegde spreekwoorde is aan Nederlands ontleen, wat ’n klein bietjie help vergoed vir die reuse-verlies wat die verdwyning van Nederlands op skool vir ons taal was.
  • Drie. ’n Klompie minder bekende frases van Indonesiese herkoms is opgeneem. ’n Skuit op “djallamalling” is een wat op see oornag. As iemand sê jou “moesoek” (meerdere) is dood, bedoel hy dat jy almal oortref. Soos dikwels met vreemdklinkende woorde gebeur, het “moesoek” in die volksmond soms moses geword, soos in “jou moses teëkom”.
  • Vier. Party politiek inkorrekte woorde en frases word verswyg, maar gelukkig nie almal nie. In die Inleiding tot die WAT, wat in ’n preutser tyd as ons s’n geskryf is, staan daar met verwysing na wat ek sloptaal noem: “’n Bangerige preutsheid mag die woordeboekmaker nie weerhou van die taal in sy breë omvang weer te gee nie.” Hopelik, namate ons verder van die apartheidstyd af kom, sal raswoorde oor dieselfde kam geskeer kan word. Sodanige woorde word in die nuwe uitgawe van Spreekwoorde met “rassisties” of soortgelyke frases aangedui. Lieplapper (niksnuts), oorspronklik uit Indonesië, waar dit “liplap” was (iemand met lippe wat soos lappe fladder?), is ’n voorbeeld. Interessant genoeg het “liplap” ná 1622 nie meer op velkleur gedui nie; dit was bloot ’n Europeër wat in die Ooste gebore is.
  • Vyf. By elke lemma verskyn ook enkele woorde in Engels, bv. “Jou melk wegskrik [plat]. Groot skrik. Get a great fright.” Dit help Engelssprekendes om dié uiters nuttige naslaanwerk te gebruik. Wanneer ’n langer verklaring van die woord of frase se herkoms bygevoeg word, is dit egter net in Afrikaans.
  • Ses. Sloptaal word met die woord “plat” aangedui.
  • Sewe.Vir die eerste keer word intensiewe vorme soos “so nors soos ’n buffel” opgeneem.
  • Agt. Die nuwe uitgawe bevat ’n aantal algemeen gebruikte frases uit Frans en Latyn, soos “joie de vivre” en “sine qua non”.
  • Nege. ’n Klompie heilsame anglisismes, die soort wat ek Engelsismes noem omdat hulle ons taal op engelagtige wyse verruim, is bygevoeg. Voorbeelde hiervan is “liefde maak”, “mal gaan”, “katte en honde reën”, “met moord wegkom” en “blou moord skree”. Laasgenoemde kom oorspronklik uit die Frans: “mort (de) Dieu” (dood van God), maar “Dieu” is tot “bleu” (blou) versag voor dit in Engels verder aangepas is.
  • Tien. Twee volledige registers, een vir Engels en een vir Afrikaans, maak dit maklik om frases na te slaan.
Met ’n boek wat kennelik so enorm baie werk geverg het soos hierdie een, klink dit vitterig om op foute te wys, maar mens hoop darem die stelling dat Hektor in die Trojaanse oorlog ’n groot Griekse held was, word in ’n herdruk reggestel. Die groot Griekse held was Achilles, en sy teenstander, Hektor, was ’n Trojaan.

Daar is voorts ’n paar kwessies waaroor mens kan debatteer, en ek het een setfout gesien. Min genoeg!

Die waarde van hierdie groot boek kan skaars oorskat word. Kry dit!

  • Rousseau is ’n skrywer en oud-uitgewer.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Server Management Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R12500 - R15000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 67,990.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2011
R 275,900.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.