The Eagles se grootse monument staan steeds

2012-02-10 22:01

Wat bepaal regtig of die woord ikonies van toepassing is wanneer daar oor ’n rockgroep geskryf word?

’n Mens kan ’n paar antwoorde waag, maar ’n goeie aanduiding sou wees as die groep steeds die rekord hou vir die album wat die beste verkoop het – tog nog toe.

Vir die rockers The Eagles, wat Suid-Afrika in April besoek, is hierdie veer op hul hoed die album The Eagles: Their Greatest Hits 1971 – 1975, wat in 1976 verskyn het.

Statistieke is altyd ’n gevaarlike ding om aan te haal omdat bronne verskil, maar die amptelike opname-vereniging van Amerika lys dié album as sy topverkoper met 29 miljoen eenhede wat tot op hede in die VSA verkoop is.

Dit deel die eerste plek met Michael Jackson se Thriller. (Indien wêreldwye verkope in ag geneem word, beklee Thriller egter die eerste plek, beweer meeste bronne.)

In die lig van hedendaagse musiekverkope en veral die invloed van iTunes en digitale handel in musiek, kan ’n mens aanvaar dat hierdie rekord waarskynlik nooit gebreek sal word nie.

Met hierdie visitekaartjie in die hand kan ’n mens dus inderdaad opgewonde wees oor The Eagles se besoek.

Die oorspronklike lede het mekaar se paaie gekruis toe hulle in 1971 afsonderlik genader is om as die sangeres Linda Ronstadt se orkes te speel. Dit was ’n onwaarskynlike afskopplek vir een van die wêreld se grootste rockgroepe.

In ’n resensie oor ’n nuwe meesteruitgawe van hul ­Greatest Hits skryf William Ruhlmann op die webblad Allmusic.com dat The Eagles met hul eerste vier albums hard probeer het om te bewys dat die individue binne die groep ewe sterk was.

In daardie stadium het The Eagles bestaan uit Glenn Frey, Don Henley, Bernie Leadon en Randy Meisner.

Elkeen van die lede het ’n ewewigtige bydrae gelewer op die gebied van liedjieskryf en beurte gemaak om hoofsanger te wees, sê Ruhlmann.

Die Greatest Hits-album, wat sy materiaal te danke het aan die eerste vier albums, sou egter bewys dat The Eagles aan Frey en Henley behoort het.

“Die wysies is melodieus en die komposisies – vol akoestiese kitaarseksies en rockritmes met tenoor-harmonieë – is onmiddellik verslawend,” skryf hy.

Ruhlmann verwys ook na die konsekwentheid van die lirieke wat dikwels verband gehou het met “romantiese onsekerhede in ’n bedwelmde atmosfeer”.

“Die vertellers van die liedjies kom uitgeput en afgemat voor, en daardie herhalende ritmes is gepas hiervoor.”

Die versameling treffers getuig van ’n unieke en samehangende gehalte wat nie noodwendig sigbaar was op die individuele albums waarop hulle eerste verskyn het nie.

Die versameling is eenvormig in luim en identiteit en die resensent skryf die sukses van die Greatest Hits-versameling daaraan toe.

Wat meer is, is dat hierdie album gestalte gee aan ’n tyd- en musiekgees toe rock besonder aktief was.

Ruhlmann skryf The Eagles het die country- en folkgekleurde klank omarm wat in die laat 1960’s begin gewild word het.

Hulle het egter later tradi­sio­nele rock ’n roll by hul klank ingesluit en die musiek wat later “klassieke” rock genoem sou word, help bekend maak.

In die lig van die groot sukses van die Greatest Hits-album kan ’n mens maklik die sukses van Hotel California miskyk, wat in Desember 1976 die lig gesien het.

Dié album is tot op hede hul suksesvolste ateljee-album met meer as 16 miljoen kopieë wat in die VSA alleen verkoop is. Die album het die top-20-treffers New Kid in Town, Hotel California en Life in the Fast Lane opgelewer.

Hotel California was die eerste album waarop Joe Walsh saam met The Eagles gespeel het. Walsh het Leadon vervang. Dit was ook die laaste album met Randy Meisner, wat die groep kort daarna verlaat het.

The Eagles bestaan deesdae uit Frey, Henley, Walsh en Timothy B. Schmit.

Die laaste The Eagles-album wat verskyn het, was in 2007. Long Road Out of Eden was hul sewende ateljee-album en dit het gou multi-platinumstatus in die VSA bereik.

- Bronne: www.allmusic.­com; www.eaglesband.com; promosiemateriaal van Big Concerts.

- The Eagles is op 4 April in die Kaapstad-stadion, op 7 April in die Superbowl by Sun City vir ’n intieme vertoning en op 8 April in die ENB-stadion in Johannesburg. Kaartjies by Computicket.


’n Mens kan The Eagles, wat Suid-Afrika vanjaar besoek, inderdaad ikonies noem. Van links is Timothy B. Schmit, Don Henley, Glenn Frey en Joe Walsh.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Service Account Manager (CRM development experience)

Cape Town, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 1.8 Sport
2005
R 199,995.00

FORD

Fiesta 1.6i RSi 3-dr
2001
R 54,300.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.