Verhaal van Angola-Boere uit vergetelheid geruk

2009-11-22 21:14

Afrikaners in Angola 1928-1975 deur Nicol Stassen, Protea (hardeband), R300.


Dié boek van 666 bladsye met sy kaarte, foto’s, tabelle en massale navorsing (tot in die Portugese argief in Lissabon) ontruk die verhaal van die Angola-Boere aan die vergetelheid – “ …?hierdie klein, vergete episode in die trekgeskiedenis van die Afrikaners?…”

Dis ’n sonderlinge storie van ’n verstrooiingsgemeenskap, een van talle in tale wêreldwyd en, hoewel kleiner, die voorloper van die “Nuwe Groot Trek” oorsee sedert 1994.

Dit begin met die Dorslandtrekkers wat hulle sedert 1881 om verskeie redes in groepe uit Transvaal en die Vrystaat in Angola vestig en hulle in byna ’n eeu in drie migrasies in hul land van herkoms hervestig – met staatsteun in 1928 en 1958 en op vlug in 1975 weens die bevrydingstryd in Angola. Hulle kry hul naam van dorstige ossewatrekke deur die Kalahari tot op die Angolese hoogland by Humpata en later op nog 69 plekke landwyd. 

Die Portugese sien hulle as ’n buffer teen die inheemses teen wie hulle in 22 oorloë gebruik word.

Hul ossewa met sy nuwe tegnologie word deur die Portugese oorgeneem, maar sonder woordbegrip – vandaar dat ’n pikswart os “Witlies” gedoop word en ’n bonte “Rooiland”.

Die aanvanklike goeie verhouding tussen trekker en Portugees versleg – die Boere sien neer op hulle en die Portugese owerheid lê hulle allerlei klippe in die pad. Die Boere kom beter oor die weg met die inheemses en goed met die “mak volk” wat saam op trek was – tranerig as hulle met migrasies van mekaar geskei word.

Op die eerste trekke volg ander en teen 1926 is daar sowat 435 Boergesinne van 1 600 tot 2?000 siele, asook enkelinge van ander nasies.

Hulle oorleef uit boerdery, transportry en jag, maar is nie wafferse boere nie en “werksku”, wat beteken hulle hou nie van vernederende werk nie; maar dit lyk altevol na luiheid. Die meeste bly arm.

Met die koms van die spoorweë ly hulle teen 1945 een van hul grootste ekonomiese teenslae – die einde van die goue eeu van transportry. Jag bly nog oor en hulle skiet só dat kol. F.C.R. Statham hulle in die 1920’s ná ’n besoek “that great enemy of all wild things” noem. “They were to the game of the land as the locusts were to the grass.” 

Barend Ludeke skiet 75 tot 100 krokodille per jaar, 300 tot 400 bastergemsbokke op bestelling en vra ’n hotel of winkel hom vir vleis, ry hy met sy bakkie en skiet 75 tot 100 duikers per aand langs die grootpad met sy .22-geweer. 

Aard, hemel en mens bepaal hul leefwêreld, maar die Dors-trek sit in hulle en kom tot uiting in wat W.A. de Klerk bewoord as “die rustelose siele”. Onderwys kry min aandag, ook van die staat en kinders moet werk om die groep te help oorleef. 

Hulle is kerkmense, veral Doppers, wat stry en die Hervormers vat oor. Hulle is nie losbandig nie, maar besondig hulle soms aan “wereldsche dansen” en kom onder sensuur. Ontug, tot oor die kleurgrens, vind ook plaas.

Hulle bly sonder titelakte op hul grond en word deur die owerheid ingeperk, wat bydra tot ’n verlange “huiswaarts”. In 1928-1929 vestig 373 gesinne (sowat 1?922 siele) hulle met Suid-Afrikaanse staatsteun in Suidwes-Afrika. Sowat 386 siele bly agter, van hulle omdat hulle gekleurde afstammelinge is wat weens apartheid nie hier toegelaat word nie.

Tussen 1958 en 1963 word nog 456 na Suidwes en Suid-Afrika gerepatrieer en van hulle kry werk by die spoorweë teen £36 per maand – ’n goeie salaris vir onopgeleides. (In 1954 moet jy gegradueer wees om by ’n Afrikaanse koerant te begin teen £50 per maand.) Verskeie kla oor “kafferwerk”, hoewel hulle bo miljoene landsbewoners bevoorreg word. 

In 1975 is minstens 554 Boere-nasate onder die sowat 3 500 tot 4?000 Portugese wat uit Angola vlug en hulle permanent in Suid-Afrika vestig.

Die boek beslaan vyf dele met elk ’n oneweredige getal bladsye van 9, 59, 219, 43 en 18. Die verhaal strek veel wyer as die titel. 

Die boek is wydlopend en eers op p. 139, met Hoofstuk 6, kom die ware onderwerp aan die beurt.

* Van Wyk is ’n historikus.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 67,990.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2011
R 275,900.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.