Voorste musici reeds reg vir 2e Wakkerstroom-fees

2011-11-27 21:09

Rona Sonnenberg, stigter-organiseerder van die Wakkerstroom-fees.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rona Sonnenberg, stigter en organiseerder van die Wakkerstroom-musiekfees, wat verlede jaar die eerste keer aangebied is, sê volgende jaar se tweede fees hou heelwat belofte in.

Die 2012-fees word die naweek van 3 en 4 Maart gehou.

Benewens instrumentale soliste, kamerensembles, orkeste en kore wat optree, is daar dié keer ook ’n opera-geselskap, Grandi Amici, wat uittreksels uit Franse operas aanbied.

Die Johannesburgse violis Zanta Hofmeyr is as spesiale gaskunstenaar genooi.

Die sangers wat in die onderskeie programme gaan optree, is die soprane Kelebongile Boikanyo van Opera Africa wat onlangs aangewys is as volgende jaar se jong kunstenaar vir musiek op die Nasionale Kunstefees in Grahamstad; die sopraan Michelle Corbin; die mezzo-sopraan Linette van der Merwe en die tenore Chris Mostert en Gareth Witten.

Pianiste wat reeds uitnodigings na die fees aanvaar het, is Peter Cartwright, Jannie le Roux, Malcolm Nay en Olga Tsihelashvili.

Diane Coutts neem as sowel pianis as orrelis deel.

Die Polina Burdukova-trio van Johannesburg is ook op die program.

Helen Vosloo, een van die land se voorste fluitspelers, derde lid van die Hemanay-trio saam met Malcolm Nay en Marian Lewin en ook stigter-direkteur van die Keiskamma-musiekakademie, naby Hamburg in die Oos-Kaap, het ook ’n uitnodiging aanvaar.

Daar is ook ’n groep jong musici wat in Wakkerstroom hul opwagting maak: die klarinetspeler Luke Newby (20); die violiste Neo Motsa­tse (11) en Jonathan Mayer (16); die violis-pianis Jemma Zoe Thorburn (18); en die pianis Iman Bulbulia (8).

Die Mpumalanga Jeugkoor, die Pretoria Boys High School Dixie Band en ’n gospel-groep is ook ingesluit en Russell Stirling se klassieke- kitaar-kwartet tree saam met die Wakkerstroom-danser Marynaz de Bruin op.

Die Saterdagmiddag kry ’n Glyndebourne-kleur met ’n piekniek op die grasperk voor die NG kerk.

Die sopraan Mimi Coertse en die dirigent Weiss Doubell is die gashere by die galakonsert wat die Sondag gehou word.

“As ek net één persoon kan oorhaal om na goeie musiek te luister, sou ek al my doel bereik het,” sê Sonnenberg.

“Die uiteindelike doel van die fees is om op lang termyn genoeg geld in te samel vir ’n beurs vir ’n talentvolle jong musikus om studies hier of in die buiteland voort te sit.”

Besprekings vir die musiekfees in Wakkerstroom, net drie uur se ry van Johannesburg, begin Donderdag en kan gedoen word by die algemene-navrae-nommer 017 730 0778.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bloem: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Strong Mid-Level Java Developers - R300K - Randburg

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R250000 - R300000

System Administrator

Centurion, South Africa
Reel Recruit Solutions CC
R15000 - R20000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 1.8 Sport
2005
R 199,995.00

FORD

Fiesta 1.6i RSi 3-dr
2001
R 54,300.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.