Waar is al die SA kinderboeke?

2010-02-21 22:35

Kondensmelk

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ouers kla steen en been, en waarskynlik heeltemal tereg, dat hulle nie meer lekker kinderboeke vir hul kinders kry nie.

Die probleem lê egter nie by die skrywers en uitgewers nie, maar by die verspreiding.

Verspreiding sluit biblioteke in, en dié het – met die moontlike uitsondering van die Wes-Kaap – sedert 1994 oral skrikwekkend agteruitgegaan.

Ek raai, nie heeltemal in die wind nie, dat ongeveer 200 kinder- en jeugboeke elke jaar in Suid-Afrika gepubliseer word, verreweg die meeste van hulle in Afrikaans.

Meer as een uit elke drie van dié beduidende aantal verskyn by die kinder-en-jeugafdeling van Lapa in Pretoria wat al geruime tyd die leier op hierdie belangrike gebied is.

Die gedagtes hierbo is ingegee deur die ontvangs van twee kinderboeke en een jeugboek ter resensie. Twee uit die drie kom van Lapa en dié twee, albei debute, het ’n baie goeie indruk gemaak. Oor die derde wil ek liewer swyg.

Dit het verskyn by ’n nuwe firma, of in elk geval een wat ek nie ken nie, en ’n eerlike resensie sou hulle meer benadeel as help.

Waarom word so min kinderboeke geresenseer as so betreklik baie verskyn? Stuur uitgewers net hul beste boeke ter resensie?

“Nie ons nie,” antwoord Miemie du Plessis, wat al jare die dinamo agter Lapa se kinderboekafdeling is. “Ons stuur letterlik alles na al die koerante, maar baie min word geresenseer.”

Al die groot uitgewers het verteenwoordigers wat boekwinkels en soms skole besoek. Lapa het ’n ekstra geheime wapen in die vorm van’n katalogus wat elke kwartaal gratis en sonder verpligting aan boekliefhebbers versend word.

Jy hoef dit maar net te vra ...

Die twee Lapalinge wat ek gevra is om te resenseer, is Kondensmelk (13 jaar en ouer) en Aspris-Krokkedis, ’n prenteboek. Albei is die werk van debuutskrywers en albei kry by my hoë punte.

Die flapteks agterop Kondensmelk deur Christien Neser begin soos volg: “Superhipermega-aaklig – Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê, en daar is ’n paar baie goeie redes waarom sy so voel.

1. Beskaafde mense hou nie vakansie in ’n tent in die diepste bosse van Botswana nie. 2. Sy mis haar twee beste vriende, Estelle en Chanelle, en die winkels en partytjies in die stad. 3. Zero selfoonontvangs.”

Elle is ’n bedorwe stadsbrok, eintlik ’n klein feeks, uit (blykbaar) Sandton. Totdat sy ’n superfeeks, Bosbarbie, ontmoet en hulle albei tekens van menslikheid onder mekaar se tienervernis ontdek, en totdat Elle verlief raak.

Ek het kleinkinders van dié leeftyd wat Kondensmelk waarskynlik sal geniet. Ek dink hul ma’s en ou­mas ook, dalk selfs hul pa’s en oupas. Die liefdesverhaal wat deur die bostema vervleg is, het hartverwarmende, selfs ontroerende oomblikke.

Neser het die boek klaarblyklik met groot sorg geskryf, en haar moeite was nie vergeefs nie.

Die tema van Aspris-Krokkedis, ’n prenteboek vir kleuters, is eenvoudig: Die verteller, ’n kleuter, het ’n peuterboetie wat hom soveel opdraand gee dat die kleintjie in sy oë in ’n monster verander.

Wanneer die monster aan die einde van die boek ná ’n katarsis beloof om sy ouboet nie meer te treiter nie, word hy weer ’n oulike kindjie.

Die verruklike tekeninge is die werk van Joan Rankin van Johannesburg wie se illustrasies internasionaal bekend is.

Tog steek die eenvoudige teks deur ’n nuweling, Theresa van Baalen, nie af by die illustrasies nie. Die geheim is dat sy die storie op rym, met enkele uitsonderings baie goeie rym, vertel:

“Hy hop, hy skop, hy spring en galop
“Hy soek die heeltyd skoor
“En nes ek dink hy raak nou stil
“BRUL hy in my oor.”

Ek wens dié pragtige boek ’n spoedige herdruk toe en hoop die uitgewer sal dan aandag gee aan die minderheid reëls wat nog ’n bietjie hort.

Rym is die name of the game. Dit is rym wat dikwels middelmoot in voortreflikheid omtower. En voortreflik is wat hierdie boek met ’n heel klein bietjie aandag kan word.

Rousseau is ’n skrywer en oud-uitgewer. Hy gaan voortaan kwartaalliks ’n samevatting skryf van jeugboeke wat die moeite werd is.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Strong Mid-Level Java Developers - R300K - Randburg

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R250000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 1.8 Sport
2005
R 199,995.00

FORD

Fiesta 1.6i RSi 3-dr
2001
R 54,300.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.