’n ‘Bommetjie’ in boek versteek

2010-06-25 23:28

Eugène Terre’Blanche, my storie, soos vertel aan Amos van der Merwe.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Eugène Terre’Blanche, my storie, soos vertel aan Amos van der Merwe. Griffel. R220.

Dalk kon dit nie anders nie as dat ’n man met ’n welluidende naam soos Eugène Ney Terre’Blanche ’n opspraakwekkende lewe sou lei.

Tog vertel hierdie boek ook die verhaal van ’n man wat maar gaandeweg in sy openbare lewe begin verstaan het watter kragte om hom aan die werk was en wat sy rol daarin was.

Daarmee saam kry die leser soms ’n indruk van selfondersoek, vertwyfeling en selfs transformasie wat min mense met die Groot Karwats se openbare beeld sou assosieer.

Die vertelling van sy ervarings in die Rooigrond-gevangenis en die invloed van sy pa se mislukte poging om tot senator verkies te word op hom is in dié opsig oortuigend en selfs roerend.

Maar ja, daar is ook die selfregverdiging en weiering om verantwoordelikheid te aanvaar.

Hy vra byvoorbeeld weer – net soos voor die Waarheid-en-versoeningskommissie – om verskoning vir die skade wat die destydse teer-en-veer-voorval prof. Floors van Jaarsveld se loopbaan aangedoen het, maar vertel nogtans met nostalgiese opgewondenheid hoe die “aanval” beplan is:

“Moeder het ’n paar van haar kussings stukkend gesny en vir ons ’n lekker sloop vol vere gemaak.”

En met die gedoemde “inval” van Bophuthatswana het iemand hom bedwelm sodat hy nie sy manne behoorlik kon lei nie:

“Nee, dit het niks met drank te doen gehad nie. Dit was ’n oorlogsituasie en geen partytjie nie.”

En die AWB is keer op keer uitverkoop en met die sak patats gelaat deur ander regse organisasies met minder integriteit.

En FW de Klerk en “hulle” het die Slag van Ventersdorp haarfyn beplan.

Feitlik nooit is dit Terre’- Blanche wat fouteer nie, behalwe om hom te misreken met die omvang van sy martelaarskap: “Ek het al baie gewonder of ek nie maar net ’n marionet in ’n poppespel was nie.”

My storie is goed versorg en aangebied deur die uitgewers Griffel Media, en die leser raak gewoond aan die ietwat vreemde verskynsel van ’n outobiografiese vertelling onder iemand anders se naam.

Terselfdertyd wonder ’n mens oor die verhouding tussen skrywer en verteller.

Waarom het ’n man met Terre’Blanche se slag vir woorde dan iemand anders nodig gehad om die skryfwerk te doen?

En hoe kan dit byvoorbeeld wees dat iemand wat oënskynlik so wyd belese soos Terre’Blanche is – Tony Leon, Steve Biko en Nietzsche word onder andere aangehaal – en sy besef van die krag van simboliek het, oor dekades nie kon of wou besef watter skade daardie Nazi-agtige AWB-embleme hul saak aangedoen het nie?

Dis gepas dat daar in My storie ook ’n bietjie van ’n bom weggesteek is: Die bewering dat ’n polisieman in 2008 teenoor “Oom Gène” sou gebieg het oor wie werklik verantwoordelik was vir die aanval waarvoor hy tronkstraf uitgedien het.

“Die identiteit van daardie aanrander en sy makkers is aan my bekend en is verseël in ’n koevert wat in veilige bewaring is.

“Sou iets, sê nou maar onnatuurliks, met my gebeur, sal daardie inligting bekend gemaak word.”

Die tyd sal leer of daar dié keer werklike substansie agter die melodrama is.

Kempen is ’n oudhoofredaksielid van Beeld .
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.