Een kies rof, die ander spog in dié reisprogram

2012-02-03 06:00

Vars lug en goeie geselskap?… Terence Bridgett (links) en Paul du Toit is ou vriende en ook die aanbieders van die TV-reisprogram Rof of spog.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Proe jy die lewe in styl of leef jy vir aksie en avontuur? Hoe wil jy dit hê? Reza van Rooyen het met Paul du Toit en Terence Bridgett van die SABC2-reisreeks Rof of spog gesels oor hul voorkeure.

“Hierdie reeks is gegrond op wie ons regtig is,” vertel Paul du Toit oor die reisreeks wat hy saam met sy jare lange vriend Terence Bridgett aangepak het.

Du Toit, wat homself beskryf as ’n adrenalien-verslaafde, sê hy en Bridgett reis deur die land om te wys dat die een manier van vakansie hou nie noodwendig beter is as die ander nie.

Bridgett beaam dit en sê die reeks is op hul persoonlikhede gegrond. “Ek kry nie net kans om in die beste hotelle te bly, die beste kos te eet en beste wyn te drink nie, maar ook om soos ’n girl te skree.”

Du Toit vertel hoe hy die Dusi-kanomarathon moes aandurf en elke aand met sy seer lyf sy lê op ’n opblaasmatrassie in ’n tent moes probeer kry – terwyl Bridgett al te lekker in ’n vyfsterhotel bly.

“Maar dis wat lekker is om een van die skeppers van die reeks te wees: Ons kon dit skryf hoe ons dit wou hê, om dít wat ons in die lewe geniet uit te beeld.”

Die reeks is in Engels en Afrikaans verfilm en die Afrikaanse reeks draai Vrydae om 18:00 op SABC2. Die Engelse reeks, Rough or Smooth , begin vandeesmaand op Mzansi Magic.

“Die uitdaging lê daarin om in 23 minute die atmosfeer van ’n bestemming vas te vang en die uiterstes wat dit bied, uit te beeld,” sê Du Toit.

Vra jy vir Bridgett uit na die episode waarin hy in Namibië moes vryval, klink dit omtrent na ’n uitdaging. “Omdat ons die reeks lank voor die tyd geskryf het, het ek geweet dit kom. Ek was die bangste vir dit. En ek moes twee keer spring omdat die reeks in twee tale verfilm is!”

Maar die aanbieder verduidelik dit was uiteindelik soos om in ’n skildery van die Namib in te val.

“Dit was fantasties en ek sal dit beslis weer doen.”

Dié twee vriende, wat mekaar al sedert hul universiteitsdae ken, sê hulle vertrou mekaar; daarin lê die gemaklikheid om saam te kan werk. “Ons kan in halfsinne met mekaar praat as dinge verkeerd gaan en weet hoe die ander een die situasie gaan hanteer,” sê Du Toit.

“Dit maak dit makliker om die grense te beproef in die reeks.”

In vanaand se episode maak die duo ’n draai by Bridgett se alma mater, die Drakensberg Seunskoor. Du Toit sê die adrenalien het gepomp, want hulle moes saam met die koor optree.
Vir Bridgett was dit ’n emosionele ervaring.

“Ek was so oorweldig om weer terug te keer soontoe dat ek in trane uitgebars het,” sê hy.

“Die seuns het tot ons temalied gesing en dit was wonderlik om weer daar te wees.”

Oor sy dae as leerling daar sê hy: “Ek was ’n A-student en ’n nerd, maar dit beteken nie ek was nie stout toe ek daar was nie. I worked the system.”

Albei van hulle speel steeds tussendeur toneel: Du Toit is deesdae weer te sien in Binneland as Malan en sal eersdaags op die silwerdoek te sien wees as Markus in die Afrikaanse rolprent Semi-soet.

“Markus is iets heeltemal anders. Hy is windgat en geniet die spoggerige deel van die lewe,” beskryf Du Toit sy karakter.

“Die rolprent hou by die ‘romkom’-resep en ek is regtig trots om deel aan dié eg-Suid-Afrikaanse rolprent te hê.”

Intussen werk Bridgett onder meer aan Pretville, ’n Afrikaanse musiekrolprent deur Hartiwood Films, waarin hy die rol van Pretville se haarkapper en burgemeester vertolk. “Ek sien al vir ’n jaar lank uit om hieraan te werk.”

En dan werk hy ook aan nog ’n Erfsondes-reeks vir SABC2.

Oor sy moontlike terugkeer as die karakter Warrick in Binneland wil hy nie ’n woord rep nie, maar dat sy dagboek “rof” is, is duidelik.

- Rof of Spog word Vrydae om 18:00 op SABC2 uitgesaai.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Beauty Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.