‘Girls’ moet maar self sorg

2010-02-19 08:49

Sade is die een wat die hoender se kop moes laat waai terwyl die tawwe manne toegekyk het. Foto: m-net

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Lees Amanda de Lange en Deon Maas se kommentaar en skinderstories oor dié week se episode van Survivor SA: Santa Carolina, wat Woensdae om 19:30 op M-Net uitgesaai word.  

Amanda de Lange: Lekker gebraai op ’n spit oor die kole op Santa Carolina. Dít was die lot van die twee hoendertjies, Lunch en Dinner, wat Chibudu in die belonings- en immuniteitsuitdaging gewen het.

Nie dat ’n mens die honger deelnemers kon kwalik neem nie. Boonop het die vervaardigers die kykers dit gespaar om te sien hoe die twee goedjies se koppe waai.

Die ding wat so opmerklik was, is dat Chibudu se twee tawwe manne, Gys en Okkert, nie kans gesien het om die arme hoenders se koppe af te kap nie.

Dié takie is mooitjies aan Sade opgelê, want sy het “ervaring”, vertel die manne vir die kamera. Ja, sê Sade, dis waar, sy het dit al gedoen, “een keer, jare gelede”.

Terwyl ons manne sit en kwyl van die lus vir Lunch en Dinner, is Sade toe die een wat die vuilwerk doen. Gys vertel so ewe: “Ek het my hoender nog altyd net toegedraai in plastiek gekoop. Ek het hulle nog nooit sien rondhol nie.”

Haai, Gys, gaan kuier by die dieretuin se plaas­dierekampie. Dáár is hoenders wat rondhol. Nou nie om te vang en hul koppe af te kap nie, maar darem.

Nee wat, ek is erg teleurgestel deur Chibudu se twee manne. Okkie met sy mooi blou oë inkluis. Dit sal hul verdiende loon wees as die meisies saamspan en hulle van die eiland afskop.

Want soos Sade reeds gewys het, het ons die manne nie regtig nodig nie. Ons girls kan dinge vir onsself doen.

Deon Maas: Darren se vertrek was natuurlik so voorspelbaar soos die einde van ’n Shakespeare-toneelstuk en dit maak ons meester-manipuleerder, Ashley, se skaakspel net soveel meer intens.

Sy weet goed dat die hoogste bome die meeste wind vang en sy is gemaklik om op haar agterbakse manier die toutjies te trek.

Dis natuurlik baie interessant om te sien dat niemand naby aan haar dit opmerk nie.

Die boere trek al weer laer, en in ons huidige politieke bestel is dit goed om te sien dat daar darem nog een plek is waar die Afrikaner mag het, al is dit net op ’n werklikheidsprogram op televisie.

As ons nie versigtig is nie, gaan Pieter Mulder die krediet daarvoor vat, soos hy dit nou die dag gedoen het toe Pretoria weer Pretoria gebly het en nie Tshwane geword het nie.

Dit is wel interessant om te let op watter groot rol Afrikaans-sprekendes in hul onderskeie spanne speel en hoe hulle die selfvertroue, maar ook die paranoia, van ons volkie weerspieël.

Enige groep wat bedreig voel, sal rug teen rug enige teenstand beveg.

Deur spesifieke mense sondebokke te maak in elke groep, is dit maklik om hulle te teiken en die gevoel teen hulle aan te hits.
 
Dis soos ’n kollektiewe feeding frenzy. Albei groepe het nou so iemand, maar ’n mens moet natuurlik wonder wat gaan gebeur as daardie persoon weg is.

Die groep wat nou bloed geruik het, sal dan die volgende swakkeling soek of dalk besluit om teen die sterkste persoon te draai.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

MAZDA

626 2.0 SL
2005
R 119,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 129,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.