Semi-soet

2012-02-17 06:00

Semi-soet
Romantiese komedie
4/5

Met Anel Alexander, Nico Panagio, Louw Venter, Diaan Lawrenson, Paul du Toit, Sandra Vaughn en ander.

Regie: Joshua Rous


Semi-soet is net reg: Nie te stroperig of te laf nie; altyd net soos jy dit wil hê.

Van dié genre het ’n fliekvlooi sekere verwagtinge wat Hollywood ongelukkig gevorm het.

Dit moet romanties én snaaks wees; die mense moet aantreklik wees; die plekke interessant en modern; en daar moet ’n geloofwaardige aantrekkingskrag tussen die hoofkarakters wees.

As dit nie so is nie voel die kyker behoorlik gefnuik.

Semi-soet bied dit als, maar met ’n effense kinkel en boonop in Afrikaans. Daar was dekades laas ’n romantiese komedie in Afrikaans. En toe was dit nie naastenby so “hups” soos dié een nie.

Die humor is tipies Afrikaans; die konteks en ervarings eietyds; en ’n mens voel deurgaans vertroud met wat op die skerm gebeur.

Die vervaardigers Anel en James Alexander, asook die regisseur ­Joshua Rous, pak die genre aan of hulle al jare onderleg is daarin.

Die gees is speels en snaaks en op die einde sommer behoorlik, hartsmeltend romanties.

Dit het hierdie fliekvlooi, wat veel eerder na westerns en boksflieks kyk, se hart heeltemal laat vermurwe.

Die aksie wissel blitsig van die haaitenk-bestaan in korporatiewe Johannesburg na die lomerige soelheid van die Bolandse wynlande.

Nici (Alexander), ’n suksesvolle bemarker, probeer die maatskappy waarvoor sy werk van ondergang red deur ’n besonder winsgewende kontrak met ’n Bolandse wynplaas te beding.

Tog het die wynboer sekere voorwaardes om familiewaardes. ­Nici is ’n vasberade alleenloper en moet inderhaas ’n “verloofde” optower.

Sal sy betyds die jakkals wat maatskappye vir eie gewin torpedo kan uitoorlê om haar maatskappy te red?

Die gebruiklike kat-en-muis-liefdespel kan uitmergelend raak; daarom is die rolle van die potensiële paartjie se beste vriende van uiterste belang.

Dít is nou die ouens wat ’n bietjie gesonde verstand behou en die arme drommels in die regte rigting stuur.

Louw Venter as Hertjie en Sandra Vaughn se Karla is perfek geplaas.

Vaughn, ’n knap klugaktrise, is kostelik en Venter se onbeholpe Hertjie ’n plesier.

Dit is Anel Alexander en Nico Panagio wat as perfekte dramatiese pasmaats die prent se sterstof verskaf: Hulle is in voeling met mekaar en hul komiese tydsberekening perfek.

Die verhaal raak wel dun in die wynlande, veral gedurende die ­oestrappery en die vreemde kompetisie. Tog vergewe mens dit gou.

Semi-soet is ’n vermaaklike fliek; net die regte keuse vir ’n Vrydagaand.

Ouderdomsperk: OL,T. Tydsduur: 107 minute.


- Soortgelyk: How to Lose a Guy in 10 Days.



Sandra Vaughn (heel links), Anel Alexander, Louw Venter (agter) en Nico Panagio is net ’n handvol van die bekende Suid-Afrikaanse akteurs wat in die genotvolle fliek Semi-soet te sien is.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.