Trespass

2012-02-03 06:00

Trespass
Misdaadriller
2/5

Met: Nicole Kidman, Nicolas Cage, Liana Liberato, Ben Mendelsohn
Regie: Joel Schumacher


Trespass laat ’n mens dink aan absurde trappe van vergelyking soos sleg, vrot en irriterend ellendig.

Dié fliek val in laasgenoemde kategorie. Jy ervaar die fases van verlies – verbasing, ontkenning, woede, verdriet en, uiteindelik, slegs ’n minuskule kans dat berusting sal volg.

Met die onbenullige draaiboekskrywer Karl Gajdusek is dít onmoontlik. Hy skets Kyle (Nicolas Cage) en Sarah (Nicole Kidman) Miller as verteenwoordigers van ’n hoogs ontwikkelde en dekadente lewenstyl waar slegs rykdom tel, terwyl gesinsverhoudinge op ’n nie-kommunikatiewe laagtepunt prut.

Dié paartjie en hul tienerdogter Avery (Liana Liberato) woon in ’n hoogs beveiligde huis, maar maak hul voordeur vir gemaskerde misdadigers oop wat hulle oor die interkom as personeellede van ’n veiligheidsmaatskappy voordoen. Die Millers word oorval.

Geloofwaardigheid glip permanent by die agterdeur uit.

Die Millers hardloop nie weg nie; hulle veg. Cage se karakter snuif, skreeu en bloei.

Hy’s dapper, maar tree onnosel op. Hy besef darem die bende van vier boewe moet weet hy’t diamante in die kluis.

Kidman het meer plooie in haar gesig as ooit tevore. Sy hiperventileer, snik en huil soms histeries.

En het haar karakter dalk voorheen ’n verhouding met een van die bendelede gehad? Terugflitse insinueer dié moontlikheid.

’n Kakofonie van stemme vul die huis. Selfs die invallers baklei hewig onder mekaar, maar van ’n geleidelike opbou van spanning is daar nouliks sprake.

Trespass is melodrama by uitnemendheid; met maatemmers vol cliché’s. Die oninspirerende dialoog en aangedikte intrige-wendinge maak jou voortydig moeg.

Kidman en Cage is aandagtrekkers, maar albei is uit hul diepte.

Veral Cage is telkens ’n verleentheid. Liberato kwyt haar darem deeglik van haar taak in die rol van Amy. Slegs Ben Mendel­sohn maak van die invallers se sarkastiese leier, Elias, ’n bogemiddeld genuanseerde karakter.

Moenie “oortree” nie; bly weg!

Ouderdomsperk: 16TG. Tydsduur: 91 minute

- Soortgelyke prent: Trapped

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.