Toneelspel is eerste vir Franci

2012-01-20 06:00

Franci Swanepoel?… Sy’t vir eers totsiens gesê aan haar karakter Toeks Muller in Binneland. Foto: Lerato Maduna

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jare lank was Toeks Muller in Binneland ’n geliefde karakter.

Ver weg is die dae toe sy so effens verlief was op At Koster (Hans Strydom) en gesukkel het om haar eie onderneming op die been te kry.

Toe kykers onlangs van Toeks afskeid neem, was sy ’n heel ander vrou. Sommer letterlik ook: Toeks het meer as een keer ’n gedaanteverwisseling ondergaan en van ’n vaal muisie in ’n mooi, selfversekerde vrou verander.

Behalwe wat haar liefdeslewe betref. Dis die een ding wat Franci Swanepoel, die aktrise agter die karakter, soms ondergekry het. Al vertel sy dat sy absoluut gek was na dié rol.

“Mens kom mos op ’n ouderdom waar jy gemaklik met jouself is. Dit het soms bietjie op my senuwees gewerk dat sy wat liefdesverhoudings betref, haar bietjie soos ’n tiener gedra.

“Ek sou graag wou hê sy moet bietjie wakker skrik. Jy kan nie ’n suksesvolle onderneming hê en selfs ’n heerlik spelerige mens wees, soos wat sy is, en dan so pateties wees as dit by mans kom nie,” vertel Swanepoel al laggende.

Maar die sukses van Toeks se karakter, meen sy, lê daarin dat Toeks juis ’n méns is. Iemand met wie kykers kan identifiseer. “Sy is deur menopouse; sy het haar man verloor – daardie dinge maak haar eg.

“In sepies is dit dikwels moeilik om ‘regte’ mense te kry. En daar is soveel korrupte mense daarbuite dat dit lekker is om iemand te kry wat werklik ’n goeie mens is. Dit maak haar spesiaal.”

Maar gelief of nie, Toeks bevind haar vir eers in Amerika. En kykers sal ’n hele ruk moet wag om haar weer in die Binneland-kliniek se gange te sien rondwarrel.

Want intussen gaan Swanepoel besig wees met ander dinge. Toe Toeks verlede jaar die eerste keer Amerika toe is, was dit omdat Swanepoel die rol van Antoinette Cilliers in Hartland gespeel het. Daarna het sy ’n draai op die verhoog gemaak in die stuk Janneman (saam met Sandra Prinsloo) en tussendeur was sy ook besig met haar produksiemaatskappy.

Toeks het vinnig weer ’n draai gemaak toe Swanepoel vyf weke gehad het waarin sy ’n blaaskans kon neem van haar ander verpligtinge. Met Toeks se terugkeer na haar familie in Amerika was dit vanweë nog geleenthede wat Swanepoel wou aangryp. Een daarvan is ’n rol in die laaste seisoen van Deon Opperman se reeks Getroud met rugby (GMR) wat later vanjaar op ­kykNET te sien sal wees.

“Deon het vir my die rol geskryf. Dit klink my sy is weer – soos Antoinette in Hartland – nie ’n baie aangename vrou nie. Dit lyk vir my Deon hou van my in sulke rolle. Dalk dink hy ek is moeilik,” spot sy.


Buiten GMR wag daar ’n rol in ’n Afrikaanse fliek, Lien se langstaan skoene; dan speel sy ook steeds in die stuk Janneman en gaan ook nog voort met die werk by haar produksiemaatskappy.

Swanepoel was juis verlede jaar verantwoordelik vir die reeks 10 uit 10 op kykNET. Dis geskoei op soortgelyke programme op die vermaakkanaal E! Entertainment op DStv.Maar om so ’n reeks in Suid-Afrika te vervaardig is effe moeiliker as in Amerika, waar die ranglyste saamgestel word op grond van syfers wat deur Forbes gepubliseer word.

Daarom het Swanepoel en haar span probeer om hulle by die “gunstelinge” te bepaal.

Dié gunstelinge is aangewys deur ’n paneel, waarvan die lede se naam nie bekend gemaak is nie. Sy het kritiek daaroor ter harte geneem, verseker Swanepoel, en voeg by sy sou graag ’n vervolgreeks wou maak en van dit ’n meer interaktiewe ervaring maak.

“Om ’n projek aan te pak wat jy nog nie gedoen het nie is bietjie soos om ’n baba te hê: Jy maak foute, maar jy leer daaruit. Ek hoop regtig om weer so iets te doen; daar was nog nie so iets in Suid-Afrika nie.

“Miskien kan ons meer interaktief wees en kykers by die proses betrek.” En later vanjaar, wanneer dinge weer bietjie stiller raak, sal Toeks moontlik weer ’n draai uit Amerika kom maak.

“Ek is baie lief vir Toeks; ek raak sommer tranerig as ek oor haar praat. Sy is baie na aan my hart, ek sal nooit daardie deur toemaak nie.

“Maar ek dink ook nie ’n karakter moet die hele tyd in en uit ’n reeks wees nie; dit irriteer die kykers. Ek is nou baie besig vir die volgende ses maande, maar daarna kan ek weer teruggaan.”

En dan, kop skeef gedraai en so effens droogweg: “Ek was nooit die flavour of the month nie. Dit was altyd meer die poppies.

“Maar nou skielik is daar baie mense wat saam met my wil werk. Dis vir my half vreemd.”

Maar lekker ook.

Want toneelspel is haar grootste liefde. Al doen sy so baie ander dinge ook.

- Binneland word weeksdae om 18:30 op kykNET uitgesaai.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Durban, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
Market Related

Technical Consultant/Developer – ISV

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R300000 - R550000

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.