We Bought a Zoo

2012-01-20 06:00

Matt Damon (regs) is Benjamin Mee, ’n man wat in We Bought a Zoo kans sien vir die onmoontlike wanneer hy ’n verwaarloosde dieretuin koop en saam met sy gesin daar gaan woon. By hom is Patrick Fugit as een van sy werknemers.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Drama
4/5


Met Matt Damon, Scarlett Johansson, Thomas Haden Church, Colin Ford en Maggie Elizabeth Jones.
Regie: Cameron Crowe


Ná sy vrou se dood besluit Benjamin Mee (Matt Damon) hy en sy kinders het ’n nuwe begin nodig.

Sommige mense verander van beroep of koop ’n kleinhoewe en begin met lamas boer. Benjamin neem dit ’n tree verder en koop ’n tamaai hoewe buite San Diego – een wat ’n verwaarloosde dieretuin bevat.

Benjamin is nie die soort ou wat iets halfmas doen nie. Hy is avontuurlustig en spontaan en leef volgens die leuse wat sy ouer broer kleintyd by hom ingeburger het: Al wat jy nodig het, is 20 sekondes van irrasionele dapperheid, en net goeie dinge kan daarvan kom.

Sy twee kinders reageer uiteenlopend. Die kleuter, Rosie (’n dierbare Maggie Elizabeth Jones), is in haar noppies, terwyl die tiener, Dylan (Colin Ford), nie minder beïndruk kan wees nie. Nie eens die langbeen-Lily (Elle Fanning), wat in haar aftyd by die dieretuin uithelp, kan hom uit sy selfbehepte stilstuipe lig nie.

Benjamin gryp egter die droom met albei hande aan en begin hard werk saam met die dieretuin se lojale werknemers om dié onderneming weer tot sy trotse en winsgewende glorie te herstel.

Saam met die vaardige bestuurder, Kelly (Scarlett Johansson, wat haar bes doen om soos die ‘meisie langsaan’ te lyk), word die een struikelblok ná die ander oorkom – as Benjamin se geld net kan hou...

Ek weet die jaar is nog in sy babaskoene, maar ek wil voorspel die kans is skraal dat jy vanjaar ’n groter goedvoel-fliek gaan teëkom. Dis twee uur van pure lewensvreugde.

Van die regisseur Cameron ­Crowe het ons laas in 2005 iets gesien (en toe was dit die powere Elizabethtown).

Jare lank was hy tjoepstil en toe skielik verlede jaar spring hy weg met twee dokumentêre musiekprente én Zoo.

Dis ’n tydige en welkome terugkeer tot die silwerdoek. Die verhaal neig dikwels na soetsappigheid, maar dié optimisme is geanker in die werklikheid – dis gegrond op die ware Mee en sy gesin se ervaringe met die Dartmoor-dieretuin in Engeland.

Voorts bring Damon so ’n oorrompelende kombinasie van warmte, deernis en weerloosheid na sy rol dat alle klagtes wat jy wil begin opgaar, soos mis verdwyn wanneer hy op die skerm is. Sy spel as ’n man wat iets nuuts probeer terwyl hy nog oor sy ou lewe (saam met sy geliefde vrou) treur, is trefseker en baie aangrypend.

Voeg daarby ’n baie genotlike dosis humor, veral verskaf deur Thomas Haden Church in die rol van Benjamin se broer, en We Bought a Zoo bied ’n heerlike uitstappie vir die hele gesin.

Ouderdomsperk: 10TV. Tydsduur: 121 minute.

- Soortgelyke prent: Secretariat.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.