200 verdrink dalk, sê oorlewende
2010-09-05 22:23
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Kinshasha. – ’n Passasier wat oorleef het toe ’n rivierboot eergister laat in die middel van die Kongo omgeslaan het, sê minstens 200 mense is in dié ongeluk dood.
Mnr. Fabrice Muamba, wat na veiligheid kon swem, sê die boot se enjin het op die Kasai-rivier aan die brand geslaan waarna die boot omgeslaan het.
Hy meen net sowat 15 mense kon kant toe swem.
Die Kongo is ’n uitgestrekte land van woude en groot riviere en het maar sowat 480 km teerpaaie.
Mense verkies om eerder van bootvervoer gebruik te maak, selfs al kan hulle nie swem nie.
Dié bote is dikwels in ’n swak toestand en oorlaai.
Die bedryf word swak gereguleer.