42% in Nederland nie verbonde aan ’n kerk
2010-09-07 22:07
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Den Haag. – 42% van die Nederlandse bevolking sien hulself nie meer as lidmate van die een of ander kerkgenootskap nie.
Dié syfers is deur die Sentrale Statistiek-buro in dié land bekend gemaak.
Die onkerklikes is die grootste groep in die land.
Die Rooms-Katolieke (29%) volg tweede, 19% sien hulself as Protestante van verskillende kerkgenootskappe, en 10% beskou hulself as Moslems.
Volgens die Statistiekburo was 90% van die land se bevolking in die jaar 1900 Christene.
In ’n kommentaar by die syfers sê die buro: “Dit beteken dat lidmaatskap van ’n kerk in ons land, veel meer as elders, ’n bewuste, persoonlike keuse is.
Dit verklaar byvoorbeeld die aktiewer betrokkenheid van kerklidmate by hul kerk vergeleke met ander lande.”