Aarde tril toe baba lewenslig aanskou

2010-09-07 22:07

Die “aardbewingbaba”, Dianthe-Rose Barnard, by haar ma, Maruschkè (20), en pa, Evert (24), in Christchurch, Nieu-Seeland.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Jong Suid-Afrikaanse egpaar wat in Christchurch, Nieu-Seeland, woon, het ’n skrikwekkende ervaring gehad toe hul baba gebore is op presies dieselfde tyd dat die kragtige aardbewing en kort daarna die eerste naskok Christchurch Saterdag om 04:35 getref het.

Klein Dianthe-Rose Barnard het haar verskyning om 04:41 ná ’n lang aanloop gemaak.

Maar die mees dramatiese oomblikke was in die laaste tien minute voor en tydens haar geboorte.

Pa Evert Barnard (24) het vertel hy en die verpleegpersoneel moes die kraambed tydens dié angswekkende oomblikke vashou.

“Alles het rondgespring, die ligte het aan- en afgegaan en al die water het uit die geboortebad gespat, tot teen die dak.

“En ek het sommer begin huil.”

Sy vrou, Maruschkè (20), het gesê sy kan niks van die verskriklike ervaring onthou nie, maar die skok tref haar nou eers soos elke naskok wat die stad kort-kort ruk.

Ook by die geboorte was Dianthe-Rose se ouma en oumagrootjie, mevv. Hannelie Viljoen en Dot Smit.

Dianthe-Rose se oupa, mnr. Joseph Viljoen, wat buite in die wagkamer gedut het, het tydens die aardbewing van die bank geval en oor die vloer gerol.

Niemand is ernstig beseer nie.

Mnr. Barnard het gesê hulle sou aanvanklik na die Burwood-hospitaal gaan, maar is uiteindelik in Christchurch se Women’s Hospital opgeneem omdat Dianthe-Rose meer as ’n week laat was.

Die Burwood-hospitaal het sleg deurgeloop in die aardbewing en Barnard het gesê hy is dankbaar die bevalling het goed afgeloop.

Die Barnards woon die afgelope vier jaar in Nieu-Seeland.

Hulle het vroeër in Sasolburg gewoon.


Die wrak van ’n motor wat in die aardbewing beskadig is. Foto: Iain Mcgregor, Reuters
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.