Borgskap kwyt oor Bok-twiet

2010-09-07 22:07

Stephanie Rice met een van die drie goue medaljes wat sy in 2008 by die Olimpiese Spele in Beijing gewen het. Foto: Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Australiese Olimpiese swemkampioen is ’n borgskap kwyt nadat sy die Springbokke op Twitter sleggesê het.

Stephanie Rice, wat drie goue medaljes by die Olimpiese Spele in Beijing gewen het, het ’n kontrak met die motorvervaardiger Jaguar verloor ná haar homofobiese uitlating op Twitter.

Die 22-jarige Rice het die aanmerking “Suck on that faggots!” gemaak ná Australië se sege oor Suid-Afrika in die Drienasies-rugbywedstryd in Bloemfontein Saterdag.

Rice, wat glo ’n verhouding met die Australiese losskakel Quade Cooper het, het later die inskrywing uitgevee en om verskoning gevra.

Volgens haar het sy nie bedoel om aanstoot te gee nie.

“Ons het ons ooreenkoms met haar beëindig,” het mnr. Mark Eedle, Jaguar-woordvoerder, aan die Australian Associated Press gesê.

Volgens Eedle wil Jaguar nie met die uitlating geassosieer word nie.

Rice is die tweede bekende atleet in ’n paar dae wat oor aanmerkings op Twitter in die moeilikheid is.

Die Engelse krieketspeler Kevin Pietersen is eergister beboet omdat hy op die mikro-blog-webwerf gevloek het.

Die Engelse en Walliese Krieketraad het gesê die aanmerkings is ’n verbreking van sy indiensnemingsvoorwaardes, maar het nie besonderhede oor die boete bekend gemaak nie.

Pietersen het reeds die inhoud van sy boodskap, wat met sy weglating uit die Engelse se eendagspan vir die reeks teen Pakistan verband hou, uitgevee en daarvoor om verskoning gevra.


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.