Dele van man se liggaam in haai gevind
2010-09-08 21:48
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Nassau. - Die polisie van die Bahama-eilande probeer die menslike oorskot eien wat in die maag gevind is van ’n tierhaai wat naby die Exuma-eiland gevang is.
Forensiese ondersoekers doen tans DNS-toetse op die twee bene, twee arms en die afgeskeurde bolyf wat in die
3,6 m lange haai gekry is, het asst.komm. Glenn Miller gesê.
Volgens Miller lyk dit of die oorskot ’n paar dae oud is, maar is dit nog onduidelik of die persoon nog gelewe het en of hy al dood was toe die haai die liggaamsdele gevreet het.
Tierhaaie is bekend daarvoor dat hulle mense aanval.
Volgens Miller is daar in die laaste tyd twee mense as vermis aangemeld op Exuma, maar die oorskot kan ook dié wees van ’n arm vlugteling wie se boot op pad na Florida, Amerika, omgeslaan het.