Duisende geheime militêre lêers lek uit

2010-07-27 23:12

’n Afgaanse soldaat vuur by ’n buitepos noord van Kandahar ’n vuurpylgranaat af na vermeende Taliban-militante. Foto: Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Washington. - Die uitlek van meer as 90 000 geheime militêre lêers het ontsteltenis veroorsaak onder die lande wat deel is van die oorlog in Afga­nistan.

Die Amerikaanse departement van verdediging probeer naarstig die bron van die inligting opspoor.

Hulle probeer bepaal of die inligting die gewapende magte of operasionele veiligheid of die nasionale veiligheid van die land op die spel kan plaas, het mnr. Geoff Morrell, Pentagon-woordvoerder, gesê.

Sowat 92 000 dokumente gedateer 2004 tot 2009 is beskikbaar gestel aan The New York Times, die Britse Guardian en Duitsland se Der Spiegel deur die WikiLeaks-webwerf, wat dit ook Sondag geplaas het.

Van die opspraakwekkendste bewerings is dat Pakistan, ’n kernbondgenoot van die VSA in dié oorloggeteisterde gebied, toelaat dat hul spioene direk kontak maak met die Taliban.

Volgens die Times ontmoet Pakistanse agente en Taliban-verteenwoordigers gereeld om militante groepe te koördineer wat teen Amerikaanse soldate in Afganistan veg, asook om sluipmoorde op Afgaanse leiers te beplan.

Die lêers bevat ook inligting dat die dood van onskuldige burgerlikes onder die mat gevee is en dat Iran geld verskaf aan Taliban-militante agt jaar ná die inval in 2001 gelei deur die VSA wat die radikale Isla­mitiese leierskorps uit die kussings gelig het.

Mnr. Robert Gibbs, woordvoerder van die Withuis, het die uitlek van inligting veroordeel en gewaarsku dat die name van dienspersoneel en militêre operasies nou in die openbare domein is, maar het tog die impak daarvan onderspeel.

Hy het daarop gewys dat die lêers inligting bevat wat kom uit die Bush-administrasie en geen groot onthullings bevat nie.

’n Woordvoerder van die Duitse departement van ver­dediging het gesê die uitlek van die dokumente kan ’n impak hê op die nasionale veiligheid van Navo-bondgenote, asook die hele Navo-operasie.

Brittanje het gesê hulle betreur die voorval en volgens Pakistan weerspieël die dokumente nie die werklikheid nie.

WikiLeaks het nie die iden­titeit van hul informant bekend gemaak nie.

Sommige ontle­ders wys egter die vinger na ’n Amerikaanse soldaat, Bradley Manning, wat in Irak in hegtenis geneem en aangekla is na­dat hy glo ge-klassifiseerde inligting aan die webwerf gelek het.

Die Pentagon het verlede maand bewerings ondersoek dat Manning ’n geklassifi­seerde video van ’n aanval in Bagdad en 260 000 geheime diplomatiese dokumente aan WikiLeaks gelek het.

 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.