Iranse regering verklaar Simpsons-speelgoed verbode
2012-02-06 22:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Teheran. – Die Simpsons is geplaas op ’n lys van verbode speelgoed deur ’n Iranse regeringsagentskap, het ’n koerant hier berig.
Volgens Shargh het die instituut vir die intellektuele ontwikkeling van kinders en jong volwassenes ’n besluit geneem om die bevordering van Westerse kultuur te stuit.
Die berig het die instituut se Mohammad Hossein Farjoo aangehaal.
Daar word nie gesê hoekom die Simpson-poppe die swartlys gehaal het nie.
Farjoo het wel gesê dat enige poppe waarvan die geslagsorgane onderskeibaar is, is verbode. Die polisie het verlede maand verskeie speelgoed-winkels gesluit omdat hulle Barbie-poppe verkoop het.
Sedert die Islamitiese revolusie in 1979 toe die pro-Westerse monargie ontsetel is, probeer Iran Westerse kulturele invloede teenwerk.