Khmer Rouge-hoë kry 25 j. vir moord

2010-07-26 22:55

Kaing Goe-ek Eaf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Phnom Penh (Kambodja). - Die eerste Khmer Rouge-bevelvoerder wat voor ’n Verenigde Nasies (VN)-gesteunde tribunaal verskyn het, is gister tot 25 jaar tronkstraf gevonnis weens sy toesighouding oor 14 000 sterftes in die 1970’s.

Kaing Goe-ek Eaf (67), ’n voormalige tronkhoof wat as Duch bekend gestaan het, sal egter, tot die woede van talle Kambodjane, net sowat die helfte van dié vonnis uitdien.

Die aanklaers het om die maksimum vonnis van 40 jaar gepleit weens Duch se aandeel in die “Killing Fields”-regime, wat geblameer word vir 1,7 miljoen sterftes tussen 1975 en 1979.

Duch is onder meer skuldig bevind aan moord, marteling, verkragting, misdade teen die mensdom as hoof van die Toeol Sleng-tronk, ’n omgeskepte skool wat as S-21 bekend gestaan het.

S-21 was ’n simbool van die wreedhede van ’n regime wat bykans ’n kwart van Kambodja se bevolking uitgewis het.

Duch was emosieloos toe die regter sy beslissing, wat sy tronkstraf sny tot 19 jaar omdat hy reeds tyd in die tronk deurgebring het, uitlees.

Hy kan volgens die hof nog vroeër op parool vrygelaat word as owerhede reken hy is gerehabiliteer.

“Ons het gehoop hierdie tribunaal sou sterk teen straffeloosheid optree, maar as mens 14 000 mense kan vermoor en net 19 jaar tronkstraf uitdien - 11 uur vir elke moord - is dit ’n grap.

Ek voel dit aan my broek se naat dat dié vonnis dit vir Kambodja erger gemaak het. Dit het mense vertroue in die stelsel laat verloor en daar is nou kommer oor politieke inmenging,” het me. Theary Seng, wie se pa in S-21 vermoor is, gesê.

Hy het geen keuse gehad nie as om die opdragte uit te voer en om “te vermoor of hy word vermoor”, het Duch getuig.

Aanklaers het egter volgehou hy het nes top- Khmer Rouge-bevelvoerders gedink en niks gedoen om die erge marteling in sy tronk stop te sit nie.

Talle Kambodjane het gehuil toe hulle die vonnis hoor en het hul woede uitgespreek teenoor die VN-Kambodjaanse hof, wat vir vyf jaar sowat $78,4 miljoen (sowat R518 miljoen) se buitelandse skenkings gebruik het in dié verhoor.


Mnr. Tsjoem Mei (79), ’n oorlewende van S-21 Toeol Sleng-tronk, hou ’n koerant met ’n foto van Kaing Goe-ek Eaf omhoog. Foto: Chor Sokunthea, Reuters


Toeriste kyk na skedels van meer as 8 000 van slagoffers van die Khmer Rouge-regime in Tsjoeung Ek, aan die buitewyke van Phnom Penh. Foto: Reuters


 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.