Langbroek: Maand tronkstraf lê nou voor vir Soedanse joernalis

2009-09-08 01:34

Khartoem. – Sy sal eerder tronk toe gaan as om ’n sent te betaal.

En dis presies wat gebeur het.

Loebna Ahmed al-Hoesein, ’n Soedanse joernalis, is gister tronkstraf van ’n maand opgelê nadat sy geweier het om $200 (sowat R1 500) te betaal nadat sy daaraan skuldig bevind is dat sy wetgewing oor onsedelikheid oortree het deur ’n langbroek in die openbaar te dra.

Sy kon ’n vonnis van 40 houe in die openbaar gekry het.

Al-Hoesein en 12 ander vroue is op 3 Julie in hegtenis geneem toe hulle langbroeke in ’n Khartoemse restaurant gedra het.

Twee dae later het tien van die vroue ’n straf van tien houe aanvaar, maar Al-Hoesein was onversetlik om die wetgewing te ver­ander.

Al-Hoesein en die ander twee het besluit dat hulle ’n verhoor wil hê.

“Ek sal nie ’n sent betaal nie,” het Al-Hoesein aan Associa­ted Press gesê terwyl sy nog in hof-aanhouding was – geklee in dieselfde langbroek wat tot die bohaai gelei het.

Al-Hoesein het Vrydag gesê sy sal eerder tronk toe gaan uit protes teen die land se streng wette oor vroue se kleredrag.

Sy werk vir die media-afdeling van die Verenigde Nasies (VN) in Soedan. Sy het afstand gedoen van haar VN-immuniteit teen vervolging.

Sy is vervolg kragtens art.?152 van die Soedanse wetgewing wat 40 houe as straf oplê vir enigiemand “wat ’n onwelvoeg-like daad pleeg wat openbare moraal oortree of onwelvoeglike klere dra”.

“Ek sal ’n maand in die tronk deurbring. Dis ’n manier om die toestande in die tronk te ondersoek,” het sy gesê.

Mnr. Galal al-Saied, Al-Hoesein se regsverteenwoordiger, het gesê hy het haar aangeraai om die boete te betaal. Sy het geweier.

Volgens hom het die regter ’n versoek geweier om ’n getuie vir die ver­dediging te roep.

“Die uitspraak is verkeerd,” het hy gesê en bygevoeg die aanklaer se getuies het mekaar weerspreek.

Al-Saied het gesê die regter kon besluit het op die openbare houe, maar het besluit op ’n boete om te koes vir internasionale kritiek.

“Daar is ’n algemene gevoel dat dit vernederend is,” het Al-Saied gesê.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...