Met baie rukke en skote uit Maputo

2010-09-03 00:06

Mnr. Stuart McDonald kyk gister op sy selfoon na foto’s van die onlus in Maputo nadat hy op die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park geland het. Foto: Brendan Croft

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Twee Johannesburgers kon gister maar net toekyk hoe ’n Mosambiekse polisieman voor in hul voertuig sit en hulle al skietende met sy AK47 uit die chaotiese, onlusgeteisterde Maputo lei.

In nog ’n voorval is die bakkie van mnr. Bertus Gründling, ’n verkoelingstegnikus van Nelspruit, deur ’n betoger se klip so groot soos ’n baksteen getref terwyl hy en sy twee seuns van Matola na die Lebombo-grenspos na Suid-Afrika gery het.

Albei groepe was sedert eergister in Mosambiek vasgekeer toe onluste oor stygende kospryse oor Maputo en Matola heen uitgebreek het.

“Ons moes Dinsdagaand in ’n supermark in Maputo op planke slaap toe ons weens die geweld in die stad vasgekeer was en nie by die gastehuis in Matola kon uitkom nie?.?.?. dwarsdeur die nag kon ons skote hoor,” het Gründling gesê.

Die oproer in die hoofstad het gister taamlik bedaar, maar sporadiese voorvalle van geweld en plundery is steeds aangemeld, het die Mosambiekse owerheid gesê.

Mnre. Mark Hankey (49) en Alan Metcalfe, sy vennoot, van Johannesburg het gistermiddag bewerig, maar ongedeerd die grenspos na Suid-Afrika oorgesteek.

Hankey se eerste besoek aan Maputo was ’n vreemde belewenis.

Die twee dryf handel in beskermende klere en het Dinsdag in Maputo aangekom vir ’n vergadering met klante.

“Dinsdag was daar geen teken van onrus nie. Toe ons die volgende oggend in die Maputo Sun se voorportaal kom, het die mense oral rondgemaal. Die hotelpersoneel het gesê daar is groot moeilikheid weens betogings in die stad en dat dit te gevaarlik is om die hotel te verlaat. Ons moes heeldag langs die swembad sit.”

Gisteroggend het die twee vennote die hasepad gekies terug Suid-Afrika toe.

“Ons was kwalik ’n kilometer of twee van die hotel af toe ons die eerste versperring bereik het. So 4 km verder was die pad heeltemal toe met brandende versperrings.

“Die polisie het op die betogers geskiet en ons het agter ’n polisievoertuig aangery aangesien ons teen daardie tyd al ’n bietjie verdwaald was.”

’n Ent verder het hulle by die polisievoertuig stilgehou en die polisiemanne gevra om hulle uit die stad te help kom. ’n Polisieman het met sy geweer voor in Hankey se voertuig geklim, terwyl ’n polisievoertuig hulle begelei het.

“Ons het deur verskeie versperrings gejaag met die polisieman wat by die venster uit skote in alle rigtings geskiet het om die betogers af te skrik. Buite die stad het die polisie afgetrek en gesê dit sal veilig wees om alleen verder te ry.

“Ons het voet in die hoek gesit en gejaag vir al wat ons werd was,” het Hankey gesê.

Sowat 131 van die 230 mense wat eergister op SAL-vlugte na Suid-Afrika wou terugkeer, het gister op die 13:00-SAL-vlug van Maputo op die O.R. Tambo-lughawe geland.

Mnr. Stuart McDonald het by sy aankoms gesê die rit na Maputo se lughawe het hom herinner aan Suid-Afrika in die 1980’s: “Brandende bande en skote wat vlieg.”

– Cobus Coetzee, Erika Gibson, Gloria Edwards en Sapa-AFP


’n Polisieman probeer orde handhaaf in Maputo terwyl betogers op die agtergrond rommel aan die brand steek.
Foto: Grant Lee Neuenburg, REUTERS

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.