Mosambiek: ‘Dis die arm massa teen elite’

2010-09-02 22:21

’n Dramatiese opvlamming van geweld soos dié vandeesweek in Maputo gebeur gewoonlik waar ’n oorgrote meerderheid van brandarmes in opstand kom teen ’n klein elite wat ooglopend weelderig lewe.

Die land se ekonomie word jare lank reeds kunsmatig deur skenkerlande gestimuleer terwyl min werklike vordering met werkskepping vir die massa gemaak is, sê prof. André Thomashausen van Unisa se sentrum vir internasionale reg en kenner van Mosambiek.

“Daar woon waarskynlik minstens ’n halfmiljoen hawelose, werklose mense in Maputo.

“In Maart vanjaar het verskeie skenkerlande hul jaarlikse bydraes, wat saam tot 70% van die land se begroting uitmaak, teruggehou ná bewerings van korrupsie en wanbesteding in die regering.”

Van dié geld is wel later oorbetaal, maar dit was heelwat minder as in die verlede.

Terselfdertyd het groot ontwikkelingsprojekte soos die gasaanleg van Mosal net vir ’n paar honderd inwoners werk geskep.

Van verskeie ander groot projekte – soos in die mynbou – het min nog gekom.

Die verswakkende ekonomiese omstandighede wêreldwyd het meegebring dat Mosambiek, wat sy grootste inkomste uit die toeristebedryf verkry, ook daar ’n droogte beleef.

Volgens Thomashausen het die Mosambiekse geldeenheid sedert die begin van die jaar amper met die helfte teenoor die Amerikaanse dollar verswak.

“Mosambiek se ekonomie is steeds in krisis terwyl die land die armste in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) bly.

“Wanneer jy in sulke omstandighede iemand wat reeds niks het nie met stygende kos-, elektrisiteits- en brandstofpryse verby ’n sekere punt dryf, gáán hulle in opstand kom.

“Die situasie in Kenia ’n paar jaar gelede is soortgelyk aan wat nou in Mosambiek gebeur, hoewel dit in Mosambiek waarskynlik op veel kleiner skaal sal wees en ook nie so ver sal versprei nie,” sê Thomashausen.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.