SA kry 42 m. kondome vir die WB
2010-03-09 22:46
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Die Britse regering gaan 42 miljoen kondome van sowat R7,5 miljoen aan Suid-Afrika skenk, het mnr. Gareth Thomas, Britse minister van internasionale ontwikkeling, gister aangekondig.
Hy het die aankondiging op ’n nood-spitsberaad in Londen oor MIV-voorkoming en -behandeling gedoen.
Dit vloei uit ’n versoek wat pres. Jacob Zuma op sy staatsbesoek aan die Britse regering gerig het.
Die verwagting is dat ’n halfmiljoen toeriste Suid-Afrika tydens WB 2010 sal besoek en sowat 40 000 sekswerkers uit buurlande en Oos-Europa Suid-Afrika sal instroom.
The Guardian se korrespondent in Johannesburg berig Suid-Afrikaanse mans verbruik sowat 450 miljoen kondome per jaar.