SMS’e vlieg dat betogings weer begin in Maputo

2010-09-05 22:23

Mosambiek was gister plofbaar, terwyl gerugte die ronde gedoen het dat betogings vandag in Maputo, die hoofstad, sou hervat.

Inwoners het SMS’e onder mekaar gestuur en mense aangespoor met: “Moçambique siga em frente” (Mosambiek kom na
vore).

Die polisie het gesê hulle is reg vir ’n tweede vlaag van gewelddadige betogings, berig Sapa-AFP.

Maputo het verlede week twee dae lank tot stilstand gekom toe betogers paaie versper, verkeer ontwrig en ondernemings geplunder het.

Die inwoners het teen hoër kos-, brandstof-, krag- en waterpryse betoog.

Slegs 2 000 mense per dag het Woensdag en Donderdag die Lebombo-grenspos, buite Komatipoort, van Suid-Afrika na Mosambiek oorgesteek, waar dit gewoonlik tussen 9 000 tot 11 000 is.

Mnr. William Mpye, hoof van Suid-Afrikaanse grensbeheer- operasionele koördineringskomitee (BCOCC), het gesê die beweging van kommersiële verkeer en private motors was laer.

Donderdag het net 175 vragmotors en 429 motors die grenspos van Suid-Afrika na Mosambiek oorgesteek, waar dit gewoonlik onderskeidelik 350 vragmotors en 1 400 private motors is.

Volgens die BCOCC was daar ’n tou vragmotors van tot 7 km aan die Suid-Afrikaanse kant wat gewag het om die grenspos oor te steek.

Geen betogings het Maputo die naweek ontwrig nie.

Volgens die Mosambiekse regering het betogings die land al R23 miljoen (122 miljoen meticais) gekos.

Pres. Armando Guebuza het verlede week gesê die regering sal nie die verhogings terugtrek nie.

Mnr. Leopoldo Amaral van die Open Society Initiative for Southern Africa (OSISA) meen die Mosambiekse regering het nie geld om kos en brandstof te subsidieer nie, dog het die regering in 2009, ’n verkiesingsjaar, ’n brandstofsubsidie ingestel nadat betogers die stad in 2008 ontwrig het en ses mense dood is.

Amaral glo Mosambiek kon die geweld en betogings keer deur meer aanspreeklik te wees en die stygings te verduidelik.

10 mense is verlede week dood en 443 beseer in die betogings.

Brood is met 30% op en ’n 50 kg- sak rys kos R153 (750 meticais).

Die minimumloon vir ’n bouwerker is R496 (2 435 meticais) en ’n regeringsamptenaar of weermaglid s’n is R463 (2 270 meticais).

Me. Claudia Altorio van die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram (WVP) glo duurder kos gaan ’n impak op WVP se hulpverlening hê, terwyl meer mense van voedselhulp afhanklik sal wees.


 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.