Sarkozy se Carla maak fliekdebuut
2010-07-28 23:58
Parys. – Carla Bruni-Sarkozy, vrou van pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk, het haar rolprentdebuut eergister gemaak saam met Owen Wilson in ’n rolprent deur die regisseur Woody Allen wat hier verfilm word.
Allen het die voormalige model op die stel van Midnight in Paris gegroet voordat verfilming begin het.
Die verfilming het etlike ure by ’n winkel in die vyfde distrik in die middestad geduur. Die straat is afgesper en lyfwagte het rondgestaan terwyl ’n skare saamgedrom het.
Kathy Bates, Rachel McAdams en die Franse aktrise Marion
Cotillard is ook te sien in die romantiese komedie, wat handel oor ’n paartjie wie se lewe ontwrig word deur ’n reis na Parys. Verfilming het vroeër vandeesmaand begin.
– Sapa-AFP