Slaaptydstories help in eerste dae van aanhouding

2010-09-07 22:07

Natascha Kampusch se boek oor haar nagmerrie word in ’n boekwinkel in Wene, Oostenryk, uitgestal. Foto: Ronald Zak, AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wene. – Die Oostenrykse skoolmeisie Natascha Kampusch het aan die begin van haar agt jaar in aanhouding in ’n ondergrondse vertrek oorleef deur haar ontvoerder te vra om vir haar slaaptydstories te lees.

Kampusch skryf in haar boek, 3096 dae, sy wou ’n indruk van normaliteit wek met Wolfgang Priklopil.

Die boek is gister in Wene bekend gestel en Kampusch skryf hoe Priklopil haar uitgehonger, erg geslaan en gedwing het om halfnaak sy huis skoon te maak.

Hy het haar sy “slaaf” genoem.

Sy het oorleef deur op haar “kinderinstinkte” te vertrou om om die beurt in te gee en haar te verset.

Kampusch het in Augustus 2006 ontsnap.

Sy was besig om Priklopil se motor te stofsuig toe sy selfoon gelui en sy aandag afgelei het.

Priklopil het ’n paar uur later selfmoord gepleeg.

Sy is ontvoer toe sy as tienjarige op pad skool toe was.

Kampusch, nou 22, skryf sy het haarself gedwing om soos ’n vier- of vyfjarige te dink om die eerste paar nagte in die vensterlose vertrek te oorleef waar Priklopil haar in ’n huis buite die hoofstad aangehou het.

“Dit was ’n desperate poging om ’n mate van ’n toevlugsoord in ’n hopelose situasie te skep.

“Toe die ontvoerder na die sel teruggekeer het, het ek hom gevra om by my te bly, my ordentlik in die bed te sit en ’n slaaptydstorie te lees.

“Ek het hom selfs vir ’n nagsoentjie gevra soos my ma sou gee – enigiets om die indruk van normaliteit te behou.”

Sy skryf sy was vreesbevange hy gaan haar vermoor.

Kampusch het in die laaste jare van haar aanhouding dagboek gehou en dit vorm die grondslag van die boek, wat sy met die hulp van twee spookskrywers geskryf het.

’n Engelse weergawe, Run, Damn It, Run!, word na verwagting môre bekend gestel.

Priklopil het Kampusch seksueel en geestelik mishandel.

Hy sou deur die dag en nag oor ’n interkom op haar skreeu om hom te “gehoorsaam”.

Hy het haar kop geskeer en haar hare verbrand omdat hy bang was die polisie sou DNS-bewyse van haar vind.

Sy het verskeie kere probeer selfmoord pleeg.

Luidens die boek is sy ’n paar keer in haar agt jaar van gevangenskap amper gevind.

Die naaste wat sy daaraan gekom het, was toe die polisie Priklopil se motor op ’n ski-vakansie voorgekeer het.

In die laaste paragrawe van haar boek skryf sy: “Eers nou, met hierdie woorde, kan ek dit afsluit. En nou kan ek werklik sê: Ek is vry.” 


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.