Stil dag vir koningin se 60ste jaar

2012-02-06 22:00

Koningin Elizabeth II ontvang geskenke en briefies van mense buite die stadsaal van die dorp King’s Lynn in Norfolk, Brittanje. Foto: Chris Radburn, Getty

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Koningin Elizabeth II het haar diamant-regeringsjubileum gister sonder fanfare met ’n normale werkdag gevier.

Sy het ’n laerskool naby haar Sandringham-buiteverblyf besoek waar die kinders ’n toneelstuk oor haar regering opgevoer het.

Die koningin het ook die stadsaal van die dorp King’s Lynn besoek.

’n Paar honderd onderdane het die snerpende koue getrotseer om haar te begroet.

Later die dag was daar ook ’n kanonsaluut van 41 skote by Hyde Park in Londen en ’n kanonsaluut van 61 skote by die Tower of London.

Die koningin het self verkies om nie ’n groot herdenking te hou nie.

Gister was naamlik nie net die 60-jarige viering van haar troonbestyging in 1952 nie, maar ook die herdenking van die sterfdag van haar pa, koning George VI.

Die hoofviering sal in die Europese somer, in Junie, gehou word wanneer die weer ook beter is vir ’n reeks feeste in die buitelug.

In ’n boodskap aan haar onderdane het Elizabeth haar opnuut aan haar nasie toegewy.

Sy het gesê sy is diep geroer deur al die boodskappe van steun wat sy en haar man, die hertog van Edinburg, ontvang het.

Sy kyk na die toekoms met ’n “helder kop en warm hart” en beklemtoon die belang van familie, vriendskap en goeie buurskap.

Op 85 is sy die oudste regerende monarg ter wêreld, en as sy teen 2015 nog leef, sal sy wyle koningin Victoria as die langs regerende Britse vors verbysteek.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bloem: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Service Account Manager (CRM development experience)

Cape Town, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.