Storm oor ‘spook’ van Diana

2011-06-30 00:50

Prinses Diana (links) op die voorblad van Newsweek. Die foto is op 28 Junie aan Reuters beskikbaar gestel.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Los Angeles. – Hoe grillerig is die spook van Diana, prinses van Wallis?

So vra The Atlantic Wire in reaksie op die nuustydskrif Newsweek se jongste voorblad waarop ’n digitaal gemanipuleerde Diana saam met Catherine, die hertogin van Cambridge, verskyn.

Die voorblad is deur lesers en die media met skok en afgryse begroet.

Op die foto is Diana nog skraal en elegant, maar sy het ’n paar plooie.

“Skokkend, briljant of net doodgewoon goedkoop?” was The New York Times se kommentaar.

Newsweek bespiegel in ’n bygaande artikel hoe Diana sou gelyk het indien sy nie 14 jaar gelede verongeluk het nie.

By die artikel word nóg ’n foto van Diana met ’n iPhone in die hand geplaas.

Die eksemplaar het vandeesweek op winkelrakke verskyn – in dieselfde week as wat Diana se seun, prins William en sy vrou, Catherine, hul amptelike besoek aan Noord-Amerika begin.

Tina Brown, hoofredakteur van Newsweek, bespiegel in die artikel oor hoe Diana reeds weer twee keer sou getrou, al Botox gebruik en effens jaloers gewees het op haar nuwe skoondogter.

Die nuusmedia-blog Media­nite.com verwys na die voorblad en artikel as “disrespekvol op soveel vlakke”.

Volgens Brown, wat ook in 2007 ’n soetsappige biografie oor Diana geskryf het, sou Diana nou in New York gewoon en goeie vriende met prins Charles en sy tweede vrou, Camilla, gewees het. Sy en Camilla sou selfs Facebook-vriende gewees het. Diana sou van rolprente soos The Kings’ Speech en die TV-reeks The Real Housewives of New York gehou het. Op Twitter sou Diana 10 miljoen volgelinge gehad het. David en Victoria Beckham sou van haar vriende gewees het.

Die mees omstrede deel van die artikel is waar Brown suggereer Diana sou jaloers op Catherine gewees het. Diana sou “gewoond daaraan moes raak” om die kollig met Catherine te deel, skryf Brown.

Brown bespiegel ook dat Diana haar sou uitgespreek het teen die koninklike snobisme waarmee daar glo op Catherine se nie-aristokratiese opvoeding neergesien word. Sy en Catherine se ma, Carole, sou glo ook beste vriendinne gewees het.

Van die kommentaar op Newsweek se webwerf het die volgende ingesluit: “Oe, dit is so sonder smaak ...  Laat die arme vrou in vrede rus ... As ek een van haar familielede was, sou ek ontsteld gewees het.”

Ander kommentators het gesê hulle beplan om hul intekening op Newsweek te staak.

– Reuters Life!

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bloem: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Service Account Manager (CRM development experience)

Cape Town, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.