Strate van die dood

2010-01-20 23:39
Chelisma Fabiena se pa dra haar lyk huis toe nadat

Chelisma Fabiena se pa dra haar lyk huis toe nadat sy deur 'n polisieman wat plunderaars wou verjaag, doodgeskiet is. Foto: Felix Dlangamandla

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Suid-Afrikaanse reddingspanne het al 30 oorlewendes uit die puin van Haïti gehaal.

Die tyd vir wonderwerke raak egter nou min – agt dae ná die aanvanklike aardbewing wat die land in ’n menslike treurspel omskep het, het nog ’n aardbewing van 6,1 op die Richterskaal die gebied gister getref.

Op die strate van Port-au-Prince, die hoofstad, is ellende en chaos.

“Die situasie ruk nou handuit,” het Felix Dlangamandla, Beeld se spesialis-fotograaf, gisteroggend gesê.

Hy was gister op die toneel waar die polisie twee skote in die lug geskiet het om ’n groep plunderaars uiteen te jaag.

Die 15-jarige Chelisma Fabiena het gesterf nadat sy in die kop getref is.

Dlangamandla het die toneel vasgevang in die foto’s hiernaas.

Chelisma se huilende pa en ander familielede het haar lyk huis toe gedra.

“Dit is verskriklik om haar familie se pyn te aanskou,” het Dlangamandla gesê.

Suid-Afrikaanse rampnoodspanne het vyf oorlewendes van die aardbewing wat Haïti verlede Dinsdag getref het, uit die puin van ’n hospitaal in Port-au-Prince gered.

Dr. Imtiaz Sooliman, voorsitter van Gift of the Givers wat die rampspanne na Haïti gestuur het, het gister
gesê dit het dié span bykans drie uur geneem om by die eerste slagoffer, ’n 60-jarige vrou, uit te kom.

Dié hospitaal is een van talle wat vernietig is in die aardbewing van 7 op die Richterskaal geregistreer het.

Sooliman het gesê die Suid-Afrikaners het reeds 30 oorlewendes uit die puin gehaal.

Die tweede rampspan van dié organisasie is op pad na Haïti.

Hulle glo egter dit sal ’n wonderwerk wees as hulle ná langer as ’n week nog lewendes vind.

“Daar is altyd die moontlikheid van oorlewing.

“As daar nie was nie, is ons in die verkeerde bedryf. Ons gee nooit op nie,” het mnr. Charlie McClung, een van die lede, gesê.

“Die odds is egter teen die vasgekeerdes.

“Ons eerste prioriteit gaan wees om veral in gebiede te begin werk waar daar nog min werk deur die ander internasionale spanne gedoen kon word.”

Mnr. Sageshin Naguran, leier van die reddingspan, het gister gesê hul veronderstelling is dat indien iemand onder die “ideale” omstandighede onder puin vasgekeer is en toegang het tot kos of water, kan hulle gered word.

Naguran, McClung en nog drie rampwerkers is lektore en instrukteurs by die Durban-Universiteit vir Tegnologie, waar hulle gewoonlik soek-en-reddingswerkers oplei.

Saam met hulle is ook ’n groep dokters van Johannesburg, Durban en Kaapstad wat hoop om te kan help waar daar ook al ’n behoefte aan hul vaardighede sal wees.

Al die dokters is opgelei in noodgeneeskunde.

Volgens McClung sal die span inskakel waar die grootste waarskynlikheid van oorlewendes steeds is.

So ’n situasie sal wees waar ’n gebou in ’n V- of ’n A-vorm inmekaargestort en mense in ’n vakuum sou kon skuil.

“Dit is gewoonlik deurrame of swaar toestelle soos ’n yskas wat ’n muur sou kon stuit.”

Dr. Ebrahim Khan, ’n traumadokter van Durban, lei die mediese span.

“Toe die oproep om dokters deurkom, het ek nie geskroom om in te val nie.

“Dit is ’n ongelooflike kans in ’n mens se lewe om onder die haglikste omstandighede denkbaar hulp te verleen,” het Khan gesê.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Cost Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

MAZDA

626 2.0 SL
2005
R 119,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 129,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.