Veiligheidshoof afgedank ná bloedige sokkergeweld

2012-02-02 10:44

Spelers van die sokkerspan Al-Ahly probeer die geweld ontvlug wat op die veld tussen ondersteuners van hul span en dié van Al-Masry in Port Said uitgebreek het. Foto: AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaïro. - Die regering van Egipte het Donderdag die veiligheidshoof van Port Said afgedank ná Woensdagaand se sokkergeweld wat talle lewens geëis het.

Mnr. Mohammed Ibrahim, die minister van binnelandse sake, het veiligheidshoof Essam Samak die trekpas gegee weens die bloedige oproer.

Die geweld, waarin minstens 74 mense dood en honderde ander beseer is  in gevegte tussen die ondersteuners van twee sokkerspanne in Port Said, is vroeër deur die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) as 'n "swart dag vir sokker"  beskryf.

Fifa se president, Sepp Blatter, het in Genève gesê hy is "baie geskok en hartseer om te verneem dat 'n groot getal sokkerondersteuners dood of beseer is.

"So 'n katastrofiese situasie is ondenkbaar en (dit) behoort nie te gebeur nie," het Blatter gesê.

In een van die bloedigste voorvalle in die sport se geskiedenis het geweld losgebars kort nadat die skeidsregter die endfluitjie geblaas het in die wedstryd waarin die tuisspan,  Al-Masry, Al-Ahly van Kaïro met 3-1 geklop het.

Ondersteuners van Al-Masry het op die veld gehardloop en klippe, bottels en klappers op Al-Ahly-ondersteuners laat reën.

Dit het paniek en 'n chaos veroorsaak. Spelers en ondersteuners van Al-Ahly het in alle rigtings begin hardloop in 'n poging om weg te kom.

Na wat berig word, is minstens 47 mense reeds weens die geweld in hegtenis geneem.

Foto's van bebloede spelers is later op die internet gepubliseer.

Daar was ook berigte van geweervuur op die hoofweg tussen Kaïro en Port Said en soldate is ontplooi in 'n poging om verdere geweld te voorkom.

"Die dodetal is nou 74, insluitend een polisieman," het die departement van gesondheid in 'n verklaring gesê. Mediese beamptes het gesê van die slagoffers is as gevolg van meswonde dood.

Volgens die staatstelevisiediens is byna 1 000 mense beseer.

Politici, sokkergeesdriftiges en spelers het hul woede oor die geweld op sosiale netwerke uitgespreek.

Die bloedige voorvalle volg op 'n jaar se politieke onrus ná die opstande wat tot oudpres. Hosni Mubarak se val gelei het.

"Dooie mense lê op die grond. Daar is dooie mense in die kleedkamer," het Emad Meteab, doelskieter van Al-Ahly, aan dié span se TV-satellietkanaal gesê.

Die staatstelevisiediens het gewys hoe onluspolisie in rye in die stadion staan terwyl pandemonium rondom hulle losgebars het.

Die gehate polisiemag het onlangs onder kritiek deurgeloop weens sy hardhandige manier van optrede en is na bewering beveel om versigtig teenoor betogers op te tree.

In Kaïro het 'n skeidsregter 'n wedstryd stopgesit toe hy hoor van die geweld in Port Said. Die skare het toe dele van die stadion aan die brand gesteek. Nooddienste het daarin geslaag om die brand onder beheer te bring.  - Sapa-AFP

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.