TV-advertensies: Tiger nie meer tier

2009-12-10 23:54

New York. – Uitsaaiers keer Tiger Woods, een van die grootste handelsmerke ter wêreld, die rug toe. TV-advertensies waarin Woods verskyn, het verdwyn sedert nuus oor sy ontrouheid gebreek het.

Volgens die verbruikersnavorsingsfirma Nielsen het die voorheen alomteenwoordige Woods nog nie weer sedert 29 November se Gilette-advertensie op TV verskyn nie.

Dit was twee dae ná die motorongeluk buite sy huis in die Amerikaanse deelstaat Florida en die daaropvolgende onthullings van buite-egtelike verhoudings.

Berigte dat Woods moontlik onder die invloed van drank, ’n kalmeermiddel en ’n pynstiller was toe die ongeluk gebeur het, het die krisis laat verdiep.

Die laaste Gilette-advertensie het gewys tydens NBC se gewilde Football Night in America en het altesame agt keer in November gewys tydens voetbal-uitsendings, het ’n Nielsen-woordvoerder gesê. Sedertdien is Woods nog nie weer in die openbaar gesien nie.

Die enigste beeldmateriaal van die gholfspeler – wat verlede week aan sy eie toernooi onttrek het – was in prikkelende berigte oor sy sekslewe.

Borgskappe het Woods die eerste miljardêr van sport gemaak. Hy verdien ’n geraamde $110 miljoen (sowat R825 miljoen) jaarliks uit borgskappe en prysgeld. En solank hy aanhou wen, sal borge hom nie maklik heeltemal laat vaar nie. Maar Woods se aansien is besig om te daal.

Gatorade het gesê hulle gaan ophou om die Tiger Focus-drankie te maak. Hulle sê egter die besluit is gemaak voordat die skandaal uitgebreek het.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Procurement Administrator - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Research and Information capturer - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.